PAS IN: Barry Rukoro uitgeskop

13 February 2019 | Sport
Die voorsitter van die normaliseringskomitee van Namibiese sokker, me. Hilda Basson Namundjebo, het in ’n amptelike brief aan mnr. Barry Rukoro hom beveel om die perseel van die Namibiese Sokkervereniging (NSV) te ontruim.
Aan die jarelange sekretaris-generaal van die NSV is uitgewys dat sy voortgesette teenwoordigheid onwettig is en dat hy nie langer deur die wêreldbeheerliggaam Fifa in sy amp erken word nie.
Die normaliseringskomitee het deur sy mandaat benadruk dat Rukoro alle eiendom en bates van die NSV, insluitend die voertuig (Fortuner), aan me. Meriam Tjivikua as bestuurder van finansies en administrasie moet oorhandig.
Op sosiale media is foto’s versprei hoedat Rukoro se teëstribbeling op die toneel deur lede van die Namibiese polisie onder beheer gebring is.
Die normaliseringskomitee het in ’n verklaring alle belanghebbendes in Namibiese sokker ingelig om kennis te neem dat geen ooreenkoms (finansieel of andersins) met Rukoro voortaan deur die NSV as wettig of bindend beskou sal word nie.

Soortgelyk

 

Regering staan bakhand vir 2% van Namibiërs se jáárlikse...

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die verwarring oor of die regering Namibiërs vra om 2% van een maand of een jaar se basiese salaris te skenk, is...

Making employees feel at home at Plastic Packaging

1 dag gelede | Mense

JONELL MALAN Human resource management is a function in organisations designed to maximise employee performance in the service of an employer’s strategic objectives. One empowers...

Duisende registreer vir e-taks

1 dag gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.Mnr. Tonateni...

Apollo 11-euforie só onthou

1 dag gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Namibië se eie ruimteman, dr. Japie van Zyl, sê ’n getekende foto van die drie Apollo 11-ruimtevaarders, Neil Armstrong, Buzz Aldrin en...

Kalender 12 Julie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika....

Weer vir 19 Julie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: H 04:47 L 10:41...

Nuwe begin vir vier wildehonde

1 dag gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die...

Just a click away

1 dag gelede | Gesondheid

Michelline Nawatises Organic Box is an online grocery shop specialising in selling organic vegetables, meat and dairy products, farm produce, and speciality homemade products.It was...

Rundu surveys new extensions

1 dag gelede | Plaaslik

The Rundu town council plans to survey two new extensions in the Tuhingireni informal settlement for N$ 1 million, according to the head of town...