Partye hof toe oor NV-verkiesing

ECN “dodelik” onbekwaam

12 February 2020 | Howe
Drie Namibiese politieke partye het aangekondig hulle gaan die uitslae van verlede jaar se Nasio­nale Vergadering (NV)-verkiesing in die hof uitdaag.

Die Workers Revolutionary Party (WRP), Rally for ­Democracy and Progress (RDP) en Swanu het verlede Donderdag in 'n nuus­verklaring ­aangekondig hulle het reeds 'n mosie getiteld “WRP teen die minister van stedelike en lande­like ontwikkeling” by die hoërhof ingedien.

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se skending van Namibiese soewereiniteit, die wanfunksionering van die kiesersregistrasieproses en elektroniese kiestoestelle (EVM's), asook die ECN se “dodelike” onbekwaamheid is in die mosie uitgelig.

Die partye voer verder aan die howe het geen magte buite die Grondwet nie.

“Hul oordeel is beperk en binne die grense van die wet. Hulle sal nie die verkiesings ­ongrondwetlik of ­onwettig verklaar nie,” het me. Amanda Tsoeu, wat die partye ­verteenwoordig, gesê.

Volgens Tsoeu het die verkiesings onder onwettige en ongrondwetlike omstandighede plaasgevind.

“Deur ons nasionale verkiesing in die gedrang te laat kom, het die staat en die ECN die nasie se reg tot ­selfbeskikking nietig verklaar.

“Dié ontmagtiging van Namibiërs spruit uit die wanbesteding van die land se hulpbronne voort en bemagtig die nasie se vyande om met korrupsie op reuseskaal voort te gaan. Dit lei uiteindelik vir Namibiërs tot die vervreemding van hul eie land.”

Soortgelyk

 

Uitvoerende direkteurs geskuif

3 ure gelede | Regering

Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het vanmiddag aangekondig ’n aantal uitvoerende direkteurs word geskuif, terwyl ’n aantal nuwes aangestel word.Mnr. Hannu Shipena, tans die...

120 nuwe gevalle van Covid-19 in Namibië

6 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 120 nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangeteken wat die totaal...

Vyf adjunkministers besoek Walvisbaai

22 ure gelede | Regering

Leandrea Louw – 'n Hoëvlakafvaardiging wat uit vyf adjunkministers bestaan, is tans in Walvisbaai op 'n ter plaatse besoek aan die Erongostreek en in veral...

Privaatskole bloei ook

22 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Privaatskole in Namibië onder die vaandel van die Namibië Privaatskole Organisasie (Napso) het tussen 5% tot 20% van hul skoliere direk vanweë...

Meer as 60 herstel van Covid-19

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, sê die aantal bevestigde ­Covid-19-gevalle het met 36 tot 1 402...

Die weer vir 23 Julie 2020

22 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal vir die res van die week oor die Namib en kusgebiede voortduur. BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot...

Werknemers in lugvaart ruk op oor griewe

22 ure gelede | Arbeid

Werknemers van Air Namibia en die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) het gister saam met eweknieë van die Namibiese Kajuitpersoneelunie (NCCU) en die Namibiese Vervoer- en Verwante...

Esau en skoonseun bly in tjoekie

22 ure gelede | Misdaad

Jemima Beukes – Landdros Duard Kesslau het gister in die Windhoek-landdroshof gesê die oudminister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, en sy skoonseun,...

Universiteite skud hul vere reg

22 ure gelede | Onderwys

Kristien Kruger – Verteenwoordigers van verskeie tersiêre instellings was laasweek aan die woord by die Covid-19-kommunikasiesentrum in die hoofstad om te gesels oor hul gereedheid...