Party soek antwoorde
Die APP-leier het die regering gevra om te wag met wetgewing oor grond en aangedring op beter onderwys.
Estelle de Bruyn - Die All People’s Party (APP) ondersteun versoeke om wetsontwerp op grond uit te stel.
Tydens ‘n nuuskonferensie Vrydag in Windhoek het die president van die party, mnr. Ignatius Shixwameni, gesê die grondkwessie is tans een van die belangrikste onderwerpe wat die land in die gesig staar.
“Ons doen ‘n beroep op die minister (van grondhervorming), die regering en die president om die tertafellegging af te las wanneer die parlement in Februarie sy werksaamhede hervat. Dit moet wag totdat die grondkonferensie gehou is, soos beplan, en deur die regering goedgekeur is. Die konferensie moet gehou word sodat mense se menings in ag geneem kan word, alvorens enige wetsontwerp op grond in die parlement ter tafel gelê kan word,” het Shixwameni gesê.
Die APP het ook sy teleurstelling oor die graad 10- en 12-eksamen se slaagsyfer uitgespreek. “Dit is om die minste te sê, middelmatig. Dit kom ondanks die feit dat ‘n groot deel van die nasionale begroting aan onderwys bewillig word,” het hy bygevoeg.
Die APP het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur aangemoedig om toesig deur skoolinspekteurs, skoolhoofde en ander beamptes van die ministerie te verskerp ten einde te verseker dat die gehalte van onderwys in staatskole verbeter.
“Ons vra ook vir ‘n verbetering in die gehalte opleiding van onderwysers ten einde beter gehalte onderwys in ons skole te verseker.
“As ‘n nasie kan ons nie bekostig dat honderde jongmense jaar op jaar op straat beland nie. Hierdie situasie moet onmiddellik reggestel word,” meen Shixwameni.
Voorts eis die APP dat die regering in ‘n enkele, duidelike verklaring om die reine kom oor die staat se finansies. “Ons as belastingbetalers is daarop geregtig om ‘n reguit verduideliking te kry en nie die yl redes wat deur junior amptenare in die ministers gegee word nie. Hoekom kan kontrakteurs nie betyds betaal word nie? Watter tegniese en tegnologiese probleme en uitdagings bestaan by die ministerie van finansies en ander ministeries, kantore en agentskappe van die regering?
“Laat die regering die nasie vertrou en vir eens en altyd ‘n aanvaarbare verduideliking gee van die aard van die finansiële probleme wat die regering ondervind. Hulle moet die geskiedenis van die probleme skets en hoe ons as land in hierdie gemors beland het,” het Shixwameni gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie