Party hou introspeksie

Byna 200 afgevaardiges in Windhoek byeen

27 July 2020 | Politiek
Augetto Graig – Die heersende Swapo-party het die naweek teruggekyk na die 2019 nasionale verkiesing en selfondersoek gedoen om die pad vorentoe te kan uitstip.

Nagenoeg 200 afgevaardiges het die geleentheid by die Windhoek Buiteklub bygewoon, waar voorstelle oorweeg is vir maniere om Swapo se openbare beeld te verbeter.

Die geleentheid is bemark met die slagspreuk #WeHaveHeardYou, wat daarop dui dat die party die kwessies wil regstel wat tot sy verminderde steun in die laaste verkiesings gelei het.

In sy toespraak het die staatshoof en Swapo-partypresident, mnr. Hage Geingob, gesê hy het kort ná die 2019-verkiesings, by 'n sentrale komiteevergadering op 16 Desember, die behoefte vir nugtere introspeksie uitgewys. “Ons moet die redes identifiseer waarom ons nie optimaal presteer het nie, en hoekom ons soveel veld teen opposisiepartye verloor het,” sê hy.

“Ons mense het ons nodig. Daar is gebiede waar ons die mense faal. Ons moet beter vaar ten opsigte van behuising, onderwys, gesondheid en gedeelde voorspoed. Van die afdelings, na die takke, distrikte tot by die streke, moet ons betrokke en toegewyd voetsoldate, bekwame en betrokke leiers wees.

“Die belangrikste, ons moet die liefde vir die party toon deur vir die massas te sorg,” sê hy.

Geingob het 'n onlangse gedrukte meningstuk deur partyleier mnr. Nahas Angula laat voorlees. Hierin noem Angula die gewilde opvatting dat daar wydverspreide korrupsie in die party is.

“So 'n opvatting ondergrawe die party se morele gronde. Op hierdie manier verloor die algemene lidmaatskap vertroue in die party,” skryf Angula. “Swapo word nou gesien as 'n party van die elite, wat die belange van 'n goed geplaaste minderheid dien,” waarsku hy.



'PAS AAN BY WERKLIKHEDE'

Geingob dring egter aan dat die party se DNS nie verander het nie.

“Hoewel talle persoonlikhede gekom en gegaan het, is ons kernwaardes steeds dieselfde,” sê hy.

Nogtans sê Geingob moet Swapo homself weer vind en herdefinieer binne die moderne streek-, kontinentale en wêreldwye politieke konteks.

“Ons moet begin met beplanning vir die volgende dekades waartydens ons beoog om die nasie as die party van keuse te stuur na die belofte van gedeelde welvaart. Ons het die pad wat voorlê, uiteengesit in Swapo se verkiesingsmanifes van 2019, naamlik 'Sosialisme met Namibiese kenmerke',” sê hy. “Dit is 'n integrasie van die basiese beginsels van sosialisme met die sosio-ekonomiese realiteite van vandag.”

Geingob doen 'n beroep op sy party om 'n ekonomiese stelsel te ontwikkel wat vir Namibië, sy werklikhede en sy mense gepas is. Hy vra 'n stelsel wat meer inklusief, billik en mense-gesentreerd is en die welvaartsgaping wat lei tot ongelykheid sal vernou.

Hy sê die grondwet eis reeds 'n gemengde ekonomie vir Namibië, 'n sintese van kommunisme en kapitalisme. “Ons kan 'n blaadjie uit China se boek haal, van waar ons hierdie konsep geleen het, wat in hul geval 'Sosialisme met Chinese eienskappe' genoem kan word,” sê hy.

“Die beweringe in omloop dat geld vanaf die (Fishrot) korrupsiesaak in die visserysektor gebruik is om tydens die sesde verkiesingskongres stemme te koop betref, is nie waar nie,” sê hy.

Geingob sê Swapo het onlangs daadwerklike interne hervormings rakende partyskenkings en die finansiering van verkiesingsveldtogte ingestel. Die politburo is tans besig om 'n interne ondersoek oor skenkings aan Swapo sedert 2004 te onderneem.- [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...