Parlement open in chaos

Die opposisie was erg gegrief deur die president se persoonlike afwesigheid.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die opening van die derde sessie van die sewende parlement van Namibië het gister in Windhoek op 'n chaotiese wyse afgeskop toe die Speaker, prof. Peter Katjavivi, aangekondig het dat president Hage Geingob die geleentheid virtueel sou toespreek.

Opposisielede het onmiddellik hierteen begin kapsie maak.

Die LPM se hoofsweep, mnr. Henny Seibeb, wou by Katjavivi weet of dié besluit met die partye in die parlement uitgeklaar is. Die leier van dié party, mnr. Bernadus Swartbooi, het saam met Seibeb uitgestap, terwyl Swartbooi opmerkings oor die Fishrot-skandaal en die verkragting van die Grondwet gemaak het. (Gister was ook die herdenking van Namibië se Grondwetdag).

Ná die staatshoof se rede het die leier van die amptelike opposie, die PDM se mnr. McHenry Venaani, Geingob se virtuele toespraak as 'n nasionale verleentheid beskryf. Dit was onduidelik of die toespraak regstreeks gebeeldsend, of vroeër opgeneem was.

“As die president is hy die leier van die uitvoerende tak van die regering. Hy word deur die grondwet verplig om ons in persoon hier toe te spreek,” het Venaani gesê.

Volgens Venaani kon die aantal teenwoordige parlementslede verminder gewees het om vir Geingob ruimte te skep, indien dit weens Covid-19 regulasies nodig was.

“Jy het dit nie bespreek nie – nie met my as partyleier óf met my hoofsweep nie,” het hy aan Katjavivi gesê. Volgens Venaani is dit lafhartige optrede en 'n strategie om Geingob teen indringende vrae te beskerm wanneer hy later vanjaar die staatsrede moet voorlê.

Katjavivi dring egter aan die virtuele uitsending is toelaatbaar ingevolge reël 124 van die parlementsreëls, wat handel oor onverwagte omstandighede.

Ook die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gesê die uitsending is geregverdig.

“Dit is geen oortreding indien die president die parlement virtueel open nie. Dit kan nie voorgegee word dat dit teen die bedoeling van die wet is nie; daar is niks in die wet wat dit verhoed nie.”

Sy het bygevoeg: “Dit is belangrik dat ons die waardigheid van hierdie huis en die mense van Namibië respekteer. Dit raak nou tradisie dat as ons nie ooreenstem nie, die reëls van die huis geminag word.”

Die LPM se parlementêre woordvoerder, me. Utaara Mootu, sê die uitsending was nie by 'n vergadering van hoofswepe vroeër die week bespreek nie. Sy sê haar partylede is deur die Namibiese polisie geteister by hul aankoms by die geleentheid. Polisiehonde is binne die gebou ingespan en streng reëls is toegepas, om die voorkoms te skep asof Geingob self daar sou wees.

“Die president wil nie aanspreeklik gehou word nie. Hy hardloop weg. Die president wil nie antwoord nie. Ons sal nie 'n kleuterskool-parlement verdra nie,” sê Mootu.

Geingob se toespraak was boonop onhoorbaar vir diegene binne die vertrek, afgesien van die Swapo-kant waar die meeste parlementslede oorfone gebruik en gereeld applous gelewer het.

Sy boodskap het gefokus op die belang van Namibië se grondwet, die ontwikkeling van demokrasie in die land en die verhoogde verwagtinge van landsburgers. “Vanjaar sal 'n spilpunt wees, wat die toekoms van ons demokrasie sal bepaal,” sê hy.

Geingob het die belang van veerkragtigheid in die stryd teen Covid-19 beklemtoon. Hy het die komende gebruik van inligtingtegnologie geprys om parlementslede toe te laat om ontmoetings virtueel by te woon.

Vanjaar sal die parlement volgens Geingob beraadslaag oor onder meer die wysiging van die wet op die bekamping van verkragting; die wet op die bekamping van huishoudelike geweld; die kriminele prosedurewet; die hoërhofwet; die landdroswet; die egskeiding-wetsontwerp, die ombudsman-wetsontwerp, die wetsontwerp op geregtigheid vir kinders; die huwelikswetsontwerp asook die wet op bankinstansies.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.10/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.46/lb UP +1.03% | Zinc US$ 2 856.40/T UP 1.22% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 930.59/OZ DOWN -0.006 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.10/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.46/lb UP +1.03% | Zinc US$ 2 856.40/T UP 1.22% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 930.59/OZ DOWN -0.006