Parkinsons kry Johan nie onder

Gedragsaanpassings noodsaaklik

14 February 2020 | Mense
Henriette Lamprecht - 'n Ernstige tekort aan ondersteuning van mense met parkinsons in Namibië het 'n man van Swakopmund genoop om 'n ondersteuningsgroep te stig.

Johan Fourie leef self met die siekte, wat ongeveer een tot twee mense uit 'n honderd tussen 60 en 80 jaar raak.

Bo die ouderdom van 80 is dit ongeveer vier uit 'n honderd mense.

Ná demensie is parkinsons die tweede algemeenste neurodegeneratiewe siekte.

Ná sy amptelike diagnose was sy gedagtes “vol daarvan”, sê Johan.

Tog het dit die twyfel uit die weg geruim.

Hy het sedert 2008 geweet “iets” is fout, maar nie geweet wat dit was nie.

Hy het simptome soos lighoofdigheid, 'n “dowwe” brein, balans­versteuring en 'n verlies aan hand- en vingervaardigheid ervaar.

“Ek het baie gesukkel om 'n vurk te hanteer.”

Op 'n praktiese vlak moes Johan versigtiger te werk gaan in situasies wat balans vereis, en het hy 'n hele paar keer hard geval.

“Dit het my gou geleer om te kompenseer. Ek kon ook nie meer fietsry en dans nie, en selfs swem wou nie meer werk nie.”

Hy is 'n leergierige mens, sê Johan, en hy wou alles oor die siekte lees en verstaan.

“Parkinsons is egter die soort siekte wat elke mens anders raak en 'n mens moet ruimte hiervoor laat.”

'n Magdom inligting is op die internet beskikbaar wat hoofsaaklik die siekte en die simptome beskryf.

Dit veroorsaak dat 'n mens jou eie behandeling probeer bestuur – soms sonder uiters noodsaaklike leiding, sê Johan.

“Die inligting is interessant en dikwels bruikbaar, maar word nie deur 'n ordelike inligtingstelsel ondersteun nie.”

Sy onsuksesvolle soeke na 'n onder­steuningsgroep het hom nou genoop om self een te begin.

“Daar is soveel inligting en tegnieke wat 'n mens kan gebruik om simptome te verlig, en wat ons kan deel,” sê hy.

Volgens Johan is die ­belangrikste nuwe insig oor die siekte die brein se vermoë om senuweebane te skep.

“Die tegnieke maak gebruik van die brein se vermoë om nuwe response te skep en mens kan dit dikwels op jou eie doen.

“Die beginsel is neuroplastisiteit. Dit gebruik die dinamiese vermoë van die brein om gedragsaanpassings te maak. Wat dikwels gebeur wanneer jy iets regstel, is dat ander bewegingsdefekte soms op simpatiese wyse ook begin herstel. Dit is waar ek die meeste vordering gemaak het.”

Volgens hom is die aanleer van 'n nuwe taal baie soortgelyk aan die proses en kan selfs vergeet­agtigheid op dié wyse aangespreek word deur vir jouself doelbewus merkers langs jou pad te plaas.

“Omdat wat in my lyf en kop aangaan nie vir ander sigbaar is nie, is hulle dikwels onbewus van oomblikke van angstigheid weens foutiewe balans. As ek op moeilike terrein soos trappe beweeg, moet mense my liefs nie probeer help nie. Ek hanteer die trappe die beste as ek ruimte om my het – dit bied ruimte vir balanserende bewegings soos die swaai van die arms.”

Johan erken die siekte maak hom fisiek baie swakker en hy kan onder meer nie swaar items optel sonder om balans te verloor nie.

“Mense kyk jou dikwels onbegrypend aan as die vroue die swaar pakkies dra en ek dra óf niks óf baie ligte pakkies!”

Hy is soms intens moeg en al wat help, is om 'n ruk te gaan lê.

“Ek sal skielik uit die geselskap onttrek en vir so 'n uur of wat gaan lê, dan is ek weer reg vir die res van die dag.”

Johan gebruik onder meer 'n pil vir die langtermynvrystelling van dopamien, wat soms twee tot drie weke nie in voorraad is nie.

Standaardbehandeling sluit voorskrifmedikasie, ­alternatiewe terapieë soos neuroplastisiteit en die gebruik van universele energie­velde in.

“Daar is talle tegnieke waarmee mense met parkinsons hul simptome kan verlig.

“'n Mens kan jou ­omstandighede betekenisvol verander deur van spesifieke tegnieke gebruik te maak.”

Namibiërs wat graag by die ondersteuningsgroep betrokke wil raak, kan Johan by [email protected] of 081 421 5965 kontak.

Soortgelyk

 

Damme voller

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

8 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

8 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

8 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

8 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

8 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

8 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

8 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...