Parkies sien dubbel

14 January 2019 | Onderwys
Yolanda Nel - Laerskool Pionierspark spog vanjaar met nie net nuwe maatjies in graad 1 nie, maar ook agt pare tweelinge in die graad.

By dié skool mag jy dalk ‘n paar keer dink jy sien dubbel. Daar is vanjaar 26 stelle tweelinge in graad 1 tot 7. Van hulle is 12 pare identies – ses stelle seuns en ses stelle meisies. Onder die graad 1’s is vier pare identies.

Een van die onderwysers, juffrou Jaen-Mari Coetzee, is self een van ‘n identiese tweeling en sy het met Republikein se besoek haar sussie saamgenooi. Lee-Ann Coetzee is ‘n binnenshuise-versierder. Hulle het tot dieselfde uitrusting vir die geleentheid aangetrek. “Ek het nog altyd gesê ek wil eendag ‘n huis langs my sussie koop,” lag Jaen-Mari. Die tweeling woon net ‘n straat van mekaar af.

“Hoe ongelooflik is dit nie om te sien hoeveel tweelinge hier is nie,” het juffrou Andrea du Plessis gesê. “Ek dink nie daar was al ooit so baie tweelinge in ons skool nie.”

Volgens ‘n studie wat in September 2011 deur Jeroen Smits en Christiaan Monden oor die aantal tweelinge in die ontwikkelende wêreld gedoen is, dui die navorsing daarop tussen 11 en 15 geboortes uit elke 1 000 mense in Namibië is ‘n tweeling.

Die kans is een uit 250 om ‘n identiese tweeling te kry, en 0.3% van die wêreld se bevolking is ‘n identiese tweeling.

Soortgelyk

 

Geingob: Gelukkig Vrouedag, vroue

1 dag gelede | Regering

President Hage Geingob sê hy erken die dapper pogings van vroue om beter gemeenskappe te skep en tot die voorspoed van die mensdom by te...

Verkrygingsraad presteer

1 dag gelede | Regering

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se raadsvoorsitter, mnr. Patrick Swartz, en administratiewe hoof, me. Lischen Ramakhutla, het vanoggend lig gewerp op uitdagings wat die...

Namibië topbestemming by ITB

1 dag gelede | Toerisme

Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.Die minister van die omgewing en toerisme, mnr....

Wet slaan toe op wapenlisensies

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n...

Reënweer vertoef langer

2 dae gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk...

Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge

2 dae gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie...

Kalender 8 Maart

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember...

Jeuggeweld ruk Outjo

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting Drie jongelinge van Outjo is steeds agter tralies nadat hulle glo sowat 'n maand gelede twee ander jong mans binne 43 minute doodgesteek...

Minister gee Nida nuwe raad

2 dae gelede | Plaaslik

Ogone Tlhage – Die raad van die nuwe agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) sal gereeld moet vergader om homself as semi-staatsinstelling te vestig. So...