Parkeergeld vir stad droog op
Die hoofstad se ganse stelsel om inkomste hieruit te genereer, is te verouderd om te kan afdwing en sal in geheel vervang moet word.
Denver Kisting – Die Windhoek-munisipaliteit (CoW) is nagenoeg N$500 000 van sy jaarlikse inkomste kwyt weens parkeermeters in die hoofstad wat buite werking is.
CoW sê by monde van mnr. Harold Akwenye, sy woordvoerder, die parkeermeters het hul rakleeftyd oorskry, is ouer as 15 jaar en kan nie langer in stand gehou word nie.
“Vanweë tegnologiese vooruitgang is CoW nie langer in staat om onderdele te vervang of die meters in stand te hou nie of om parkeertariewe aan te pas nie.”
Volgens hom word strooitjies of ander voorwerpe gebruik om muntstukke uit die meters te haal. “In sulke gevalle bly die meters buite werking tot die voorwerpe verwyder is.”
Akwenye het toegegee dié toedrag van sake het daartoe gelei dat die jaarlike inkomste uit parkeermeters getuimel het van N$800 000 tot N$300 000 die afgelope vier jaar.
Op ’n vraag oor presies hoe lank die parkeermeters reeds buite werking is, het hy gesê: “Oor tyd is die meters uit diens geneem toe hulle defektief geraak het.”
Namate meer parkeermeters buite werking geraak het, het CoW ’n punt bereik waar die gebruik van die nagenoeg 900 meters nie meer afgedwing kon word nie, sê Akwenye.
Ná ’n tenderproses is ’n diensverskaffer aangestel om parkering namens CoW te bestuur, sê hy.
“Ongelukkig is die inwerkingstelling van die projek beduidend vertraag deur die onlangse inperking en om die goedere uit China te kry.”
Akwenye sê CoW verwag dat die projek einde vandeesmaand weer op dreef sal wees waarná die publiek, spesifiek motoriste, deur middel van openbare kennisgewings oor die weg vorentoe ingelig sal word.
“Die parkering sal voortaan deur parkeermaarskalke bestuur word. Dit is soortgelyk aan die stelsel wat al ’n geruime tyd in Kaapstad gebruik word.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie