Parespelreeks lewer eerste wenners
Gholf
Omeya gholfklub het Saterdag die openingsrondte van die Windhoek Lager Internasionale Parespelreeks vir 2021 aangebied. Vir organiseerders was dit wonderlik om soveel besoekers te verwelkom en hulle is ook baie opgewonde oor die nuwe lede wat onder die pryswenners was.
Die pare in die topvier posisies:
1 Fergusson Paulse en Burns du Toit (49 punte)
2 Johnny Maasdorp en Ernst Nitschke (48)
3 Michau Basson en Braam Vermeulen (47, uittel)
4 Douglas Holtzhausen en Pieter de Beer (47)
Pryse is ook oorhandig aan spelers wie se houe die naaste aan die pen geëindig het op putjie 4 (Nieuwoudt Hendrikse), putjie 7 (Fanie Terblanche), putjie 14 (Stephnie de Villiers) en putjie 17 (Jacques Theron).
Omeya gholfklub spreek sy dank uit aan Windhoek Lager / Namibië Brouerye vir hul volgehoue ondersteuning aan gholf in Namibië.
FOTO
Saterdag se pryswenners op Omeya. Van links staan Stephnie de Villiers, Nieuwoudt Hendrikse, Douglas Holtzhausen, Pieter de Beer, me. Claudia Opperman (NBL), Fergusson Paulse, Burns du Toit, Jacques Theron en Johnny Maasdorp. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie