Paratus en stadsraad stamp koppe
Dit lyk of Windhoek se stadsraad vertragingstaktieke aanwend om te verhoed dat die telekommunikasiemaatskappy met werk kan voortgaan.
Yolanda Nel - Werknemers van die telekommunikasiemaatskappy Paratus wat gister besig was om gate in die hoofstad te grawe om veselkabelverbinding aan te lê, moes dit staak toe die polisie op hul toerusting en die kontrakteur se lorrie beslag gelê het.
Hoewel ’n dokument wat op 12 Desember 2019 deur die Windhoekse stadsraad (CoW) gestempel is, aandui Paratus het toestemming om veselkabels in Nelson Mandelaweg in Windhoek aan te lê, is werkers ingelig hulle oortree die wet op plaaslike owerhede.
Volgens die besturende direkteur van Paratus, mnr. Andrew Hall, kon niemand van die stadsraad presies sê wat die spesifieke regulasie behels nie, net dat CoW meen “Paratus beskadig die sypaadjies”.
Tog sit die goedgekeurde dokumente uiteen dat pype aangelê moet word en slote gegrawe moet word om telekommunikasiedienste te kan lewer.
“Dit vereis dat konstruksie onder die grond, paaie of sypaadjies uitgevoer word,” lui die munisipale dokument.
Volgens Hall het Paratus verlede jaar ’n aansoek hiervoor ingedien en is dit goedgekeur.
Hall het aangevoer artikel 62 van die kommunikasiewet bepaal Paratus het die mandaat om hierdie verbinding aan te lê.
Hy het erken Paratus het Woensdag ’n brief ontvang wat hulle in kennis stel die maatskappy oortree ’n spesifieke wet op plaaslike owerhede, “maar ons het besluit om met die werk voort te gaan, omdat ons alle stappe gedoen het en die nodige toestemming verkry het”.
Hy het voorts gesê Paratus werk aan verskeie projekte en dié voorval kan vertragings in hul skedule veroorsaak.
“Dit lyk vir ons na ’n taktiek van die stadsraad om ons te vertraag, en het dit ’n geweldige impak op ons werksaamhede.”
Paratus het in 2018 reeds ’n brief van CoW ontvang waarvolgens dié owerheid in die vervolg Paratus se aansoeke nie sou goedkeur nie, aangesien hy self met die besigheid wil meeding.
Volgens die brief het CoW ’n kennisgewing in die media vir die kommersialisering van hul optiese veselkabelnetwerk geplaas, “wat die opgradering en uitbreiding van bestaande infrastruktuur sal bewerkstellig ten einde dieselfde doel as u besigheid te bereik”.
“Aangesien Paratus met die stadsraad se beoogde projek meeding en u onderneming ook nie deelgeneem het aan ons uitnodiging om belangstelling te toon nie, kan die munisipaliteit Paratus nie magtig om verdere toegang te verkry of enige veselinfrastruktuur op enige van die stad se openbare ruimtes of paaie te installeer nie, en bring dit die stadsraad se strategiese voornemens in die gedrang,” lui die munispale dokument.
Hall sê CoW is nie in besit van ’n telekommunikasielisensie nie.
“Die stadsraad het eers verlede jaar om die lisensie aansoek gedoen,” sê hy.
Ná gister se voorval het Paratus-werkers saam met Hall by CoW bymekaargekom sodat rekord gehou kan word van alle toerusting waarop die polisie beslag gelê het.
Verskeie versoeke om kommentaar van CoW het onbeantwoord gebly.
Cran het teen druktyd nog nie bevestig of die stadsraad se telekommunikasielisensie goedgekeur is nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie