Pant held in Indië se dramatiese sege

Krieket
Rishabh Pant het met ’n kolfaanslag wat aan T20-krieket herinner die Indiese krieketspan tot ’n roemryke oorwinning in die bepalende vierde toets teen Australië in Brisbane gevoer.
Dié paaltjiewagterkolwer het Dinsdag met ’n onoorwonne beurt van 89 lopies van 138 balle help toesien dat Indië die wenteiken van 328 lopies kort voor die einde van die laaste dag se spel bereik. Indië se oorwinning met drie paaltjies het aan hom ’n reekssege met 2-1 besorg.
Indië is die eerste span sedert die Wes-Indiese Eilande in 1988 wat Australië op die Gabba kon klop.
Pant en sy kolfmaats het ’n verstommende 145 lopies ná die teepouse gemoker en die wenlopies – ’n Pant-grenshou van Josh Hazlewood se boulwerk af – het gekom met nog 18 balle oor in die reeks.
Voor Pant het Shubman Gill (91 lopies) en Cheteshwar Pujara (56 van 211 balle) ook heldhaftige beurte gespeel en die tafel vir Pant se heldedade gedek.
Indië het die Border-Gavaskar-trofee behou nadat hy Australië twee seisoene gelede ook in Australië getroef het.
Wat dié reeksoorwinning besonder merkwaardig maak, is dat Indië vir drie van die toetse sonder sy inspirerende kaptein en lopiemasjien, Virat Kohli (vaderskapverlof), was en boonop drie van sy mees ervare snelboulers aan beserings afgestaan het.
– Reuters, Sportredaksie

TELKAART:
https://www.espncricinfo.com/series/india-in-australia-2020-21-1223867/australia-vs-india-4th-test-1223872/full-scorecard

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!