Pakistan su00ea nee vir ollie-invoere
Pakistan su00ea nee vir ollie-invoere

Pakistan sê nee vir ollie-invoere

Namibiese grootvoete gaan nie meer na die Lahore-dieretuin uitgevoer word nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Pakistanse regering het hul aansoek om ’n permit teruggetrek om Namibiese olifante na ’n dieretuin in Lahore in te voer.

“Die invoerpermit vir olifante is deur die Pakistanse regering gekanselleer,” het mnr. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, gister aan Republikein bevestig.

Hy het vroeër vandeesmaand bevestig die ministerie het ’n aansoek van Eden Game Farm in die Grootfontein-distrik ontvang om 10 olifante na Pakistan uit te voer.

Muyunda het toe heftig ontken dat Namibië die uitvoerpermit goedgekeur het en het gesê Namibië ondersteun nie dieretuine nie.

Die Pakistanse dagblad The Express Tribune het onlangs berig die Punjab-wildlewedepartement het “die tender vir die invoer van olifante ter waarde van Rs50 miljoen (roepees) weens onheilspellende korrupsie tussen verskaffers van eksotiese diere gekanselleer”.

Volgens die dagblad het die departement ook besluit om vir ’n onbepaalde tyd nie nuwe tenders vir die invoer van enige ander diere uit te reik nie.

“Die invoerder was verplig om die olifante binne ses maande na die dieretuin te bring. Ná 16 maande is geen olifant na Pakistan gebring nie,” is berig.

Volgens The Express Tribune was daar ernstige onreëlmatighede en twyfelagtige praktyke onder verskaffers in verband met die invoer van olifante en ander diere.

“As gevolg hiervan het die Punjab-wildlewedepartement onmiddellik met ’n ondersoek begin om die situasie te monitor. Ná getuienis gevind is, het die departement besluit om die tender te herroep.”

Volgens mnr. Sohail Goraya, direkteur-generaal van die department, is klagtes oor vervalste dokumente ontvang wat aan die lig gebring het baie verskaffers voer wilde diere na verskillende dieretuine in en verkoop hulle, in plaas van diere wat ingevolge internasionale wette in gevangenskap gebore is.

“Die departement het ’n paar nuwe reëls en regulasies ingestel om deursigtigheid by die invoer van eksotiese diere te verseker en om moontlike wanpraktyke te voorkom,” het hy gesê.

“Die onreëlmatighede stel die diere se lewens en gesondheid in gevaar. Dieretuine moet ’n geskikte omgewing vir die diere verseker om te oorleef.”

In ’n geskiedkundige ­verkiesing einde Augustus by Cites se 18de beraad (COP18) in Genève, Switserland, het altesaam 46 lidlande ten gunste van ’n verbod op die uitvoer van lewende olifante uit Namibië, Zimbabwe, Suid-Afrika en ­Botswana na dieretuine gestem.

Die nuwe Cites-reëls tree eers op 26 November amptelik in werking.

ZIMBABWE

Verlede week was daar oproer onder bewaringsorganisasies toe 32 olifantjies wat sedert Januarie in ’n boma by die Hwange Nasionale Park in Zimbabwe aangehou is, op die Saoediese vragvliegtuig SV3049 vermoedelik na dieretuine en sirkusse in China gevlieg is, berig Netwerk24.

Bewaringsorganisasies was bevrees Zimbabwe sou maak van die skuiwergat van die spertyd van die nuwe Cites-reëls gebruik maak.

Zimbabwe is tans die grootste olifant-uitvoerder in Afrika, wat sedert 2012 altesaam 108 olifantkalfies na dieretuine in China uitgevoer het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.98/OZ UP +1.33% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.13% | Zinc US$ 2 452.30/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 87.52/BBP UP +1.31% | Platinum US$ 907.32/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.98/OZ UP +1.33% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.13% | Zinc US$ 2 452.30/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 87.52/BBP UP +1.31% | Platinum US$ 907.32/OZ UP +1.39%