Padwerk vorder in Windhoek
Augetto Graig - Die massiewe padwerkprojek om die westelike verbypad om die suidooste van Windhoek met die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te verbind, vorder goed.
Volgens die Paaieowerheid (RA) se woordvoerder me. Hileni Fillemon, sal die projek van N$800 miljoen wat in Januarie begin het, na verwagting ná 36 maande voltooi wees.
Volgens haar is die projek aan ''n gesamentlike onderneming tussen Onamagongwa Trading Enterprises en China Railway Seventh-groep in Desember 2015 toegeken. Dit behels twee fases, waarvan die eerste die opgradering is van die strate tussen Mandume Ndemufayo-rylaan tot die uitbreiding van Sam Nujoma-rylaan suidoos van Windhoek na ''n dubbellaanpad. Die fase sal 8,4 km se padbouewerk behels, asook die bou van tien brûe en drie aansluitings. Twee bestaande brûe oor die Arebbuschrivier en die spoorlyn sal ook wyer gemaak en opgeknap word om hul lewensduur te verleng.
Die tweede fase sal begin vanaf die aansluiting van Sam Nujoma-rylaan tot by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, ''n afstand van 34 km.
Ten opsigte van die huidige watertekort in die sentrale Khomasstreek, het die kontrakteur reëlings met die Windhoekse munisipaliteit gemaak om semi-gesuiwerde water vir die grootste deel van die konstruksie-aktiwiteite te gebruik, volgens Fillemon.
"Sowat 300 mense sal aan die projek werk, insluitende vyf klein besighede wat tot 7,5% van die werk sal voltooi," het Fillemon gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie