Padvinders 'n eeu oud
Tanja Bause - Die Padvinders van Namibië het die naweek hul eeufees in Windhoek gevier. Meer as 240 kinders asook volwasse Padvinders en -leiers van ses streke het Saterdag aan 'n optog deur die middestad deelgeneem. Daar is sowat 2 000 aktiewe lede van die Padvinders in meer as 50 plekke in die land.
Die Padvinders is in 1917 in die voormalige Suidwes-Afrika as deel van die Boy Scouts in Suid-Afrika gestig. Padvinders van Namibië het in 1990 'n onafhanklike lid van die Wêreldorganisasie van die Padvinder-beweging geword.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie