Padvinders kamp voor wêreldfees

17 May 2019 | Kuns en vermaak
Sowat 30 padvinders en sewe van hul leiers uit Oshakati, Otjiwarongo, Tsumeb en Windhoek het van 2 tot 5 Mei op die plaas Klein Hamakari gaan kamp om vir die 2019 World Scout Jamboree gereed te maak.

Dié byeenkoms vind van 22 Julie tot 2 Augustus in Wes-Virginië in die VSA plaas.

Die kinders het mekaar leer ken, op spanbou gefokus en inligting oor die tog na die World Scout Jamboree gedeel.

Die kinders is vir die naweek in drie spanne ingedeel, waarin hulle in die VSA sal funksioneer.

Elkeen kry ’n “tjommie” na wie hulle tydens die saamtrek moet omsien.

Deur saam kos soos burgers, ghoelasj en ’n heerlike hoenderpotjie te maak, het hulle mekaar se sterkpunte leer ken en spangees gebou. ’n Hoogtepunt was die 4 km-staproete.

Die padvinders is geblinddoek by ’n spesifieke punt afgelaai en moes met behulp van ’n kaart hul pad kamp toe terugvind.

Harald Bartsch, sakeman en omgewingsaktivis, het ’n lesing oor ietermagôs, renosterstropery en ander beskermde wildspesies aangebied.

Die kamp is met ’n tradisionele kampvuurkonsert afgesluit om die span se gees hoog te hou.

Sowat 45 000 padvinders uit 150 lande gaan aan die World Scout Jamboree deelneem.

Soortgelyk

 

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

2 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Is groot Beethoven-feesjaar van die baan?

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Groot feesvierings is wêreldwyd en veral in Duitsland en Oostenryk beplan ter herdenking van die komponis Ludwig van Beethoven se 250ste geboortejaar. Elretha Britz van...

Naam bekend van Namibiër wat in Engeland aan Covid-19...

3 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is, se naam is bekend gemaak.Hy is die 56-jarige mnr....

Paspoorte: Lorriedrywers kry voorkeur

3 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het by monde van sy woordvoerder, mnr. Sakeus Kadhikwa, ontken hulle reik tans...

Meer as 3 000 vir Covid-19 getoets

4 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste me. Esther Muinjangue sê 3 186 weefselmonsters is tot op hede vir Covid-19 getoets. Namibië het tans 21...

Moody's-klap voor begroting

14 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Op die vooraand van finansminister Iipumbu Shiimi se debuutbegroting sit die regering nie net kniediep in die rommel nie, maar verskraal sy...

Kwarantyn-drama ry lorriedrywers

14 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw op Walvisbaai – Die vragmotorbestuurder wat die afgelope naweek positief vir Covid-19 getoets het, sê sy voormalige werkgewer het hom en sy kollega...

Man voor hof ná 'hardhandigheid'

14 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – 'n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, wat aanvoer 'n beampte van die stadspolisie het hom verlede week aangerand, is Vrydag...

Weer, Dinsdag 26 Mei 2020

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue tot baie koue toestande word in die Suide, die Weste en oor die Khomas- en Omahekestreek verwag. Tref voorsorg.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud...