Padveiligheid van voetgangers
Voetgangers gaan tydens die feesseisoen meer waaksaam moet wees wanneer paaie oorgesteek word.
Die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) verskaf 'n paar riglyne vir voetgangers om veilig oor die pad te beweeg:
Gebruik die voetoorgang of 'n beheerde oorgangspunt soos 'n verkeerslig en moet nie net op enige plek die pad oorsteek nie.
Wag vir die verkeer om behoorlik te stop voordat jy enige voetoorgang oorsteek. Dit is 'n goeie idee om oogkontak met die bestuurders te maak voor jy die pad oorsteek, om seker te maak hulle sien jou.
Indien geen formele oorgangspunt beskikbaar is nie, moet jy sover as moontlik van enige busse, geparkeerde motors en hoeke die pad oorsteek sodat jy vir motoriste duidelik sigbaar is.
Kyk en luister vir aankomende verkeer om seker te maak die pad is skoon voor jy loop.
Indien daar geen verkeer is nie, loop reguit oor die pad, maar kyk steeds links en regs vir enige verkeer. Moenie skuins oor die pad beweeg nie.
Indien jy voor 'n motoroprit wil verbyloop, maak seker daar is geen voertuie in die oprit nie. Indien daar wel 'n voertuig is, maak seker die bestuurder van die voertuig kan jou duidelik sien. Wees versigtig vir opritte met hoë mure of heinings, omdat bestuurders jou nie maklik kan sien as jy die voetpaadjie gebruik nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie