Padsterftes staan op 41

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
EEN sterfgeval meer is vanjaar aangemeld op die land se paaie in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Huidig is daar 41 mense dood en 59 beseer in ongelukke.
Drie meer persone het op Oukersdag op Namibiese paaie gesterf en twee op Kersdag.
In die eerste voorval het die 22-jarige Vilho Aininga op die toneel gesterf toe die motor waarin hy gereis het teen \'n aankomende motor gebots het. Die ongeluk het by Omwandi-Wakamanya, Ondangwa plaasgevind.
Gabriel Gebhard Martin Shangala (23) het gesterf toe hy deur \'n motor op die Omutiya/Oshivelo-pad raakgery is. Die polisie-ondersoek duur voort.
In die Ohangwenastreek op die grondpad tussen Ongenga en Engela, het twee motors teen mekaar gebots. Daar word beweer dat die bestuurder van die sedan beheer oor die motor verloor het, voor dit teen die aankomende bakkie gebots het. Die bestuurder van die sedan, Sackaria Fillemon (64) het in die ongeluk gesterf.
Op Kersdag het \'n Chinese burger, Jao Xueli (45), op die soutpad tussen Hentiesbaai en Myl 72 gesterf nadat die bestuurder van die motor waarin hulle gereis het, beheer daaroor verloor en dit gerol het. Drie ander Chinese burgers is ook in die ongeluk beseer.
In \'n fratsongeluk is \'n man dood nadat hy deur \'n onbekende voertuig raakgery is terwyl hy in die pad gelê het. Daar word vermoed dat die oorledene onder die invloed van drank was toe die ongeluk plaasgevind het. Die oorledene is die 21-jarige Otma Nailongo Kandjimi.
Net voor die Kerstyd is die tak van Indo Atlantic Enterprises op Mariental van goedere ter waarde van N$72 500 beroof. \'n Onbekende verdagte het gedreig om die werknemer te skiet en het kontant by haar geëis. Ander goedere wat gesteel is, is: telefoonkaarte, fleksiekaarte en kartonne sigarette.
\'n Inwoner van die Eehamba-nedersetting het verlede week gesterf na hy met stokke aangerand is. Die 33-jarige Gerhard Johannes Nuule het ses dae na die aanval aan sy wonde beswyk. \'n Neef van die oorledene, Immanuel Nakale (19) is op \'n aanklag van moord gearresteer.
Die 23-jarige Reinhold Ekandjo het op Oukersaand uit die polisiestasie in Kuisebmond ontsnap na hy uit die selle gehaal is om oorgeplaas te word na die polisieselle op Walvisbaai. Hy is steeds voortvlugtig en die polisiesoektog duur voort.
Kampanza Mbango (20) word daarvan verdink dat hy verlede Vrydag sy broer verkrag het. Die voorval het plaasgevind nadat die verdagte sy ouer suster gedreig het. Hy het reeds in die hof verskyn.
In \'n ander voorval is \'n 36-jarige man gearresteer nadat hy na bewering \'n 13-jarige meisie verkrag het. Die voorval het Saterdag plaasgevind in die Uupindi-nedersetting.
Sondag is \'n minderjarige meisie by Pos 3, Epukiro, verkrag. Sy is na bewering deur twee seuns in die bosse verkrag. Die vermeende aanvallers is nog nie gearresteer nie.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

13 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

13 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

13 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

13 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

13 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

13 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

13 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...