Padongelukke verwoes Kersvrede

Landswye gru-ongelukke eis lewens

27 December 2018 | Ongelukke
Augetto Graig - Verskeie padongelukke het die afgelope feesdae se vrede bederf.

Vroeg Sondagoggend is drie mense op slag dood in ’n reuse-ongeluk waarby 31 mense betrokke was.

’n Minibus het sowat 23 km noord van Otjiwarongo op die pad na Otavi agter ’n bakkie gery toe die bussie die bakkie na bewering van agter getref en van die pad af gestamp het.

Volgens Nampa is ’n baba van agt maande, Panduleni Walter, haar 23-jarige ma, me. Ndeshihafela Ruben, en die 20-jarige mnr. Mutumbulwa Hangula uit die bakkie gegooi en is hulle op slag dood.

Nampa berig verder hoofinsp. Hendrik Kharuchab van die Namibiese polisie het gesê: “’n Baba, man en vrou is uit die bakkie gegooi en hulle het op die toneel gesterf.”

Daar was ses insittendes in die bakkie van onderskeidelik 10, 16, 20, 24, 25 en 54 jaar oud.

Van die insittendes is die 20-jarige man en die 25-jarige vrou in ’n kritieke toestand van die Otjiwarongo-staatshospitaal na die Katutura-staatshospitaal in Windhoek oorgeplaas.

Die res is op Otjiwarongo vir verskeie beserings behandel.

Al die 22 insittendes van die minibus het oorleef, en ’n klag van strafbare manslag teen die 39-jarige bestuurder word ondersoek.

Saterdag het ’n ongeluk op die pad tussen Oshakati en Omungwelume naby Onambedi plaasgevind.

Al ses insittendes van die twee sedans wat by dié ongeluk betrokke was, het oorleef.

Vyf is na die Oshakati-staatshospitaal vir behandeling geneem.

Die afgelope Vrydag is drie lewens reeds in ’n motorongeluk op dié pad geëis.

Volgens die Namibiese polisie het ’n trompop botsing omstreeks 20:40 tussen ’n Toyota-bakkie en ’n Nissan-bakkie naby Oshikuyu plaasgevind.

Twee insittendes van die een bakkie is op slag dood en ’n passasier van die ander bakkie het op pad na die Oshakati-staatshospitaal beswyk.

Mnr. Elikana Nghinyenavali (38), mnr. Tadeus Haihambo (41), en 43-jarige mnr. Peter Nghishidimbwa se families is van hul sterfte ingelig.

Nóg ’n trompop botsing het Vrydag omstreeks 02:00 tussen Okahandja en Otjiwarongo plaasgevind.

Twee voertuie, ’n sedan en ’n minibus, het sowat 70 km noord van Okahandja in die middel van die pad met mekaar gebots, wat die dood van die drywer en sy vroulike passasier in die sedan veroorsaak het, berig die polisie volgens Nampa.

Mnr. Gift Kahale (33) en 54-jarige me. Julia Kalumbu was op pad na Otjiwarongo, toe drie mense in ’n minibus vanuit die teenoorgestelde rigting gekom het.

Die minibus se insittendes het die ongeluk met ligte beserings oorleef en is kort daarná na die Okahandja-staatshospitaal geneem.

Nog ’n ongeluk het verlede Donderdag omstreeks 05:00 sowat 20 km buite Usakos op pad na Arandis plaasgevind.

Die voorste regterkantste band van ’n lorrie vol niebederfbare het gebars en ’n brand het ontstaan.

Die hele voertuig het uitgebrand.

Die drywer is nie beseer nie, maar ’n ompad moes tydelik geskep word om verkeer om die wrak te lei tot dit verwyder is.

Volgens adj.komm. Hophni Hamufungu, ’n polisiewoordvoerder, is die polisie veral bekommerd oor die toename in die getal ongelukke op kleiner en verlate paaie.

Hy sê voorvalle waar drywers nie oor rybewyse beskik nie het veral in die Noorde by plekke soos Okalongo en Okahao plaasgevind.

“Hulle neem die risiko omdat dit op verafgeleë plekke is, maar dit is steeds kanse vat met hul eie lewens en dié van ander,” sê hy.

Die polisie sal binnekort ’n volledige verslag van alle padongelukke op Namibië se paaie in die Kersgety uitreik, het Hamufungu gesê.

Soortgelyk

 

Gesondheid: Advertensie vals

9 minute gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

9 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

9 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

9 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

9 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

9 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...