Padongelukke neem met 26% af
As die 12 spoedkameras op die B1- en B2-hoofweg in werking was, kon dit volgens ’n kenner potensieel 1 355 lewens sedert 2017 red.
Jana-Mari Smith
Te midde van die Covid-19-inperkings het padongelukke, verwante beserings en sterftes in Namibië met 26% in vergelyking met vorige jare afgeneem.
Die aantal motorongelukke en verwante beserings wat vanaf 1 Januarie tot 16 Augustus vanjaar plaasgevind het, is 26% minder as dieselfde tydperk verlede jaar. Die aantal sterftes het met 27% verminder.
Die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) se statistiek toon dat vanaf Januarie tot 16 Augustus vanjaar 1 685 motorongelukke aangemeld is. In 2019 se eerste agt maande was 2 279 aangemeld.
In die 2019-periode was 3 646 verwante beserings aangeteken, teenoor vanjaar se 2 694.
Vanjaar se sterftes is na bewering 91 minder as verlede jaar en 101 minder as in 2018.
Voertuigbotsings is in Namibië die mees algemene soort ongeluk wat tot beserings en sterftes lei. Die aantal botsings in die land het met 11% afgeneeem. Sover vanjaar is 517 aangemeld, teenoor 628 in 2019.
Ongelukke waar voetgangers betrokke was, het vanjaar 413 beloop in vergelyking met 601 verlede jaar en 605 in 2018 oor dieselfde tydperk.
STATISTIEK LYK BETER
’n Onlangse artikel getiteld “An analysis of risk factors associated with road crash severities in Namibia” waarsku dat motorongelukke die hoofrede vir sterftes en gestremdhede in ontwikkelende lande is.
Die artikel noem die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) stel dat die vordering in terme van die Volhoubaarheid-Ontwikkelingsdoelwit om 50% vermindering van motorongeluksterftes te bewerkstellig, is in ontwikkelende lande nog ver van voldoende.
“Namibiese owerhede moet paaie se veiligheid deeglik evalueer om gereelde botsingsgebiede te identifiseer en die nodige teenmaatreëls in te stel om ongelukke te verhoed,” stel die artikel voor.
Die skrywers van die artikel stel dat gewerk moet word aan uitgebreide verkeersveiligheidveldtogte met gepaardgaande innoverende strategieë vir die handhawing van verkeerswette.
SPOEDKAMERAS SE IMPAK
Mnr. Horst Heimstadt van die Private Sektor Padveiligheidsforum (PSRSF) sê die 12 radarspoedkameras wat in 2017 op die B1- en B2-hoofweg geïnstalleer is, maar buite werking is, sal baie kan help om padveiligheid te verseker.
“70% van alle beserings en sterftes weens padongelukke hou met spoed verband. Spoedkameras kan ’n groot impak hê op die spoed wat mense ry. Die kameras kon sedert 2017 potensieel 1 355 lewens gered het,” het Heimstadt gesê.
Volgens Heimstadt is nog ’n ernstige probleem die feit dat verkeersbeamptes nie genoeg voertuie het nie.
“Baie min verkeersvoertuie is tans is werking, en dié wat is, is in slegte kondisie,” sê hy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie