Padongelukke eis polisielede
Padongelukke eis polisielede

Padongelukke eis polisielede

Die feesseisoen bly ‘n gevaarlike tyd vir gebruikers van Namibiese paaie.
Augetto Graig
Augetto Graig - Met die aanvang van verlede jaar se laaste naweek het twee Namibiese polisiebeamptes hul lewens op ons land se paaie verloor.

Vrydag omstreeks 08:00 het ’n polisiebakkie met sewe insittendes ’n Zambiese lorrie op die hoofpad tussen Rundu en Katima Mulilo getref, wat in die teenoorgestelde rigting op pad was. In die polisiebakkie was vyf beamptes en twee gevangenes.

Adj.komm. Bonifatius Kanyetu van die Namibiese polisie (Nampol) het aan Nampa gesê die vragmotor het ’n ander voertuig probeer verbysteek toe dit van voor met die polisievoertuig gebots het.

Die ongeluk het sowat 14 km buite Rundu plaasgevind.

Twee van die polisiebeamptes, sers. Tjilombo Manju (50) en sers. Muduva Mayinga (42) het op die toneel gesterf.

Hulle was albei deel van die spesiale veldmag wat na die Kashipe-grenspos in die Ndiyona-kiesafdeling ontplooi is.

Die oorlewende polisiebeamptes sluit in mnr. Kapenda Mbuna (39), wat die bakkie bestuur het, en mnre. Matare Matare (29) en Sikumba Mubita (39).

Al drie verkeer volgens die polisie in ’n kritieke toestand in die Rundu-staatshospitaal.

Die twee gevangenes was op pad na hul eerste verskyning voor die Rundu-landdroshof.

Hulle is me. Katanga Kunyima (46) en mnr. Hamutenya Kanyinga (19), wat aanvanklik by die Ndiyona-polisiekantoor in verband met aanranding aangehou is.

Die Zambiese vragmotorbestuurder is ’n 31-jarige man van Ndola in die Copperbelt-distrik, wat by ’n Zambiese vervoermaatskappy in diens is.

Hy is van strafbare manslag aangekla en sou Maandag 31 Desember voor die landdroshof op Rundu verskyn, terwyl die polisieondersoek voortgaan.

Donderdag omstreeks 22:30 was nog ’n bakkie met sewe insittendes in ’n ongeluk betrokke.

Tussen die Omandhiya-omgewing en die Tsandi-Onesi-teerpad het ’n 20-jarige drywer sonder rybewys beheer van ’n bakkie verloor en ’n paal getref.

Hy is met ernstige beserings in die Tsandi-staatshospitaal opgeneem, terwyl sy ses passasiers slegs ligte beserings opgedoen het.

Vroeër die dag, omstreeks 16:50, het die bestuurder van ’n dubbelkajuitbakkie op die stofpad tussen Karibib en Otjimbingwe, sowat 43 km voor Otjimbingwe, beheer oor die voertuig verloor.

Die voertuig het met ses insittendes gerol.

Die ongeluk is vermoedelik deur los wielmoere veroorsaak, wat daartoe gelei het dat een van die agterste bande losgekom het.

Die bestuurder was ’n 38-jarige polisiebeampte van die Otjimbingwe-polisiekantoor, wat van diens af was.

Al vyf passasiers is met ernstige beserings in die Usakos-staatshospitaal opgeneem.

Hulle is mnr. Helmut Nawaseb (69), me. Matoa Naobes (60), me. Angelika //Hoëbes (56), me. Marlyn Kharisoas (38) en mnr. Andreas Mbamba (29), ook van die Otjimbingwe-polisiekantoor.

Omstreeks 15:45 dieselfde middag het ’n luikrugvoertuig, sowat 8 km voor Karibib op die D1953-stofpad van Otjimbingwe af, gerol.

Me. Linda Namases (31), die bestuurder van die voertuig, is lig beseer, en haar sewe passasiers is ná behandeling by die Usakos-staatshospitaal ontslaan.

Verskeie ongelukke het volgens die polisie ook verlede Maandag plaasgevind.

Daar was onder meer ’n voorval waartydens ’n onpadwaardige voertuig sonder rybewys op die stofpad na Omihana bestuur is.

Die 19-jarige bestuurder is in hegtenis geneem ná die bakkie gerol het en twee van sy drie passasiers beseer is.

Hulle is van die Uis-kliniek af na die Omaruru-hospitaal vir behandeling oorgeplaas.

By Okahao het die 61-jarige mnr. Makaya Pineas Kuume op die toneel gesterf toe hy beheer van sy voertuig verloor het en dit omgekeer het.

Kuume het ook sonder rybewys van Etilyasa af gery.

Op Uis het mnr. Paulus Shashipapo (45) glo omstreeks 21:50 ’n onpadwaardige bakkie sonder rybewys bestuur.

Hy het 20 km voor Uis op die Omihana-stofpad beheer oor die voertuig verloor en ’n 20-jarige passasier is ernstig in dié ongeluk beseer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!