Padgebruikers is nie meer wat hulle was
Wie is beter as altwee dieselfde gedrag toon?
Die manier waarop koedoes en bestuurders hulle deesdae op die paaie gedra is maar dieselfde - daar is hoegenaamd geen verskil tussen die twee nie. Amper wil ek sê die enigste verskil tussen koedoes en die nuwe bestuurdertjies deesdae is die pote en die bene.
Miskien verander party mense se attitude sodra hulle agter die stuurwiel inklim. Dan neem hulle aan “ek is alleen op die wêreld se pad en ek moet by my bestemming uitkom” met die oogklappe, oorklappe en alles wat jou van die buitewêreld afsny.
Is daar iewers ’n bestuurskool wat bestuurders se goeie maniere op paaie met nuwe reëls vervang het?
Dit is baie duidelik sommige bestuurders redeneer anders. Hulle spring net in en doen wat hulle wil op die pad. Soms wonder ek of van die voertuie ooit remme het. Dit gaan my verstand te bowe.
Wag daar ’n trein of ’n vliegtuig op die mense wat hulle nie wil mis nie, of gebeur daar iets wat die mense nie wil misloop nie?
Sê julle vir my vanwaar die haas? As jy in die verkeer is, voel dit of jy jou voertuig soos glas of ’n eier wil bewaar. Soms kom jy koes-koes by jou bestemming aan soos jy hierdie kant toe en daardie kant toe moes staan om plek te maak vir die “base” van die pad.
Ek het agtergekom daar's ’n nuwe styl van bestuur. Hulle sal sommer ry terwyl hulle sien die verkeerslig is rooi vir die ander ou en hy moet nou net wag. Liewe Lulu, dan sal hy miskien laat wees vir die volgende groen lig en nou moet hy maar net jaag om daar uit te kom. O, jinne.
Soms wil ek net vir daai oomblik ’n traffic cop wees en my reflector jacket aantrek en sommer links en regs tickets uitskryf. Deesdae moet jy maar vir jou eie veiligheid alles opoffer net om te oorleef. Al weet jy die ander ou moenie so maak nie, staan jy maar net terug om veilig by jou bestemming aan te kom.
In ander lande is die bevolking tienduisend keer meer as hierdie kant, maar my mense, ek wonder. Ek wil my vinger iewers op ’n beter verduideliking lê vir alles wat nou moet verander.
Het die styl van bestuur ook verander? Ek wens ek kon nog sorgeloos in Pa se classic Chevrolet-bakkie sit en kyk hoe hulle vir mekaar met die hooter groet, in plaas van om plek te vra of sommer so voor jou in te druk of jou sonder rede uit te skel.
Julle het selfs in die dorp lekker gecruise, al was jy agter op die bakkie gelaai en het jy die scenery geniet. Vandag moet jy vir jou lewe vlug, wil ek amper sê. Net dit vinnig optel en weer die hasepad huis toe kies voor jy te na gekom word deur ander padgebruikers. Kon die classic voertuie net tot 50 km/h gaan?
Vandag se 200 km/h laat ’n lelike gees in die mense los en dan wil hulle net jaag, maak nie saak waarnatoe nie, solank hy die sitplek net agtertoe stel en in die kar sit-lê, of amper agteroor sit met die headset byderhand.
Padgebruikers moet ook insae in padreëls hê sodat ons kan sê wat alles bygevoeg of geskrap moet word.
Alles moes nie so modern gewees het nie - kyk nou net hoe sleg het die paaie geraak met die jong bestuurdertjies.
Kan ’n sekere ouderdomsgroep nie maar die paaie verbied word nie?
Of kan die groepe padgebruikers nie volgens tegnologie ingedeel word nie?
Tussen dié wat go carts wil ry of racing games wil speel, en dié wat bewus is van die gevare op die pad.
Maar rêrig, hoekom het die styl van bestuur verander?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie