Padgebruikers gaan meer hoes
Padgebruikers gaan meer hoes

Padgebruikers gaan meer hoes

Tanja Bause
Tanja Bause - Die Padfondsadministrasie (RFA) het onlangs ’n tariefverhoging van 4,3% op padgebruik aangekondig.

Volgens mnr. Ali Ipinge, die RFA se uitvoerende hoof, tree die verhoging op 1 Mei in werking.

“Die verhoging beteken byvoorbeeld die brandstofheffing gaan van N$1,30 per liter na N$1,36 per liter styg. Die RFA vorder sowat 60% van hul inkomste deur die brandstofheffing in,” sê hy.

Padgebruiktariewe bestaan uit brandstofheffings, voertuiglisensiëring en -registrasie, wat deur NaTIS ingevorder word, grenskostes wat by 18 RFA-grensposkantore ingesamel word, die massa-afstand-tariewe, abnormale vrag-kostes en padvervoerpermitte.

Die RFA sal in die huidige finansiële jaar N$1,2 miljard aan die instandhouding van die nasionale padnetwerk bestee. N$244 miljoen sal aan die rehabilitasie van die nasionale padnetwerk, wat brûe insluit, bestee word.

N$119 miljoen sal aan plaaslike owerhede en streekrade toegeken word vir die instandhouding van stedelike en landelike paaie.

N$40 miljoen sal aan NaTIS-werksaamhede bestee word.

Verkeerswetstoepassingsowerhede en agentskappe sal N$38 miljoen ontvang.

Sedert 2008 het die RFA meer as N$16,5 miljard aan die instandhouding en ontwikkeling van nasionale en stedelike padnetwerke bestee.

“Ons sal volgens ons besigheidsplan sowat N$13 miljard tussen 2019 en 2024 bestee. Met dié bydrae word die nasionale padnetwerk, wat uit sowat 48 000 km bestaan, jaarliks onderhou word,” het Ipinge gesê.

“Namibië is 25ste in die wêreld wat die gehalte van paaie betref, en eerste in Afrika.”

Die RFA herbelê die geld wat hulle insamel in die padnetwerk, asook in die RFA, Paaieowerheid (RA) en NaTIS se administratiewe bedrywighede.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!