Padfonds oor geldsake

Dié liggaam beplan om tot 2024 sowat N$13 miljard in Namibië se ekonomie te belê.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Padfondsadministrasie (RFA) het Dinsdag sy jaarlikse vergadering met belanghebbers gehou om sy begroting vir die 2019-boekjaar, asook sy besigheidsplan tot 2024 te bespreek.

Mnr. Penda Ithindi, die RFA se raadsvoorsitter, het die sakeplan voorgelê om in die volgende vyf jaar N$13 miljard in Namibië se ekonomie in te pomp.

Dié uitgawes sal gedek word deur ’n soortgelyke inkomste en 80%, of sowat N$10 miljard, sal aan die bou van paaie bestee word, het Ithindi gesê.

Fondse vir die beoogde ontwikkelings sal gedeeltelik afkomstig wees van padgebruikersheffings wat in Mei vanjaar met 6,5% gestyg het.

“As gevolg van ’n verslapping in ekonomiese aktiwiteite verwag ons die inkomste vir vanjaar sal effens traer wees as die begrotingsvooruitsig,” het hy gesê.

Volgens hom oorweeg die RFA tans alternatiewe bronne van inkomste.

Mnr. Ali Ipinge, die RFA se uitvoerende hoof, het gesê ’n ander inkomstebron wat die RFA oorweeg, is die implementering van tolpaaie.

Die huidige padgebruikersheffings sal hersien word, aangesien dit tans op minimum bedrae van 18 jaar gelede gebaseer is.

Die RFA sal volgens Iipinge nuwe heffings oorweeg omdat daar in die hedendaagse wêreld meer van elektroniese motors gebruik gemaak word.

Die Padfondsadministrasiewet nommer 18 van 1999 sal ook hersien word.

Goeie nuus is die RFA het in die 2017-’18-boekjaar N$2,37 miljard ingevorder.

Dit is meer as die vorige jaar se N$2,21 miljard, en net 1% minder as hul teiken.

Daarvan is N$2,2 miljard aan die instandhouding en ontwikkeling van paaie landswyd bestee.

N$1,7 miljard, of 76% is aan die Paaieowerheid (RA) toegeken, terwyl 24% aan plaaslike owerhede, streekrade, verkeerswetstoepassing en padveiligheid bestee is.

RFA-besteding het deur middel van plaaslike owerhede werksgeleenthede aan 650 Namibiërs gebied, het Ipinge gesê.

Vir die huidige finansiële jaar sal die RFA 40% meer aan streeksrade en plaaslike owerhede vir die ontwikkeling en instandhouding van plattelandse en stedelike paaie bestee, het hy gesê.

Nog N$150 miljoen sal aan die instandhouding van grondpaaie bestee word.

Die RFA het ook ’n lening van N$482 miljoen by die Duitse ontwikkelingsagentskap KfW uitgeneem.

Dít vir die rehabilitasie van 87,8 km van die TR1/3-pad tussen Tses en Gochas, het hy gesê.

Ithindi het gesê die voltooiing van RFA-huis en die RA-hoofkantoor het meer geld vir padinstandhouding beskikbaar gemaak.

Hy het gesê die land het verskeie groot kapitale padbouprojekte gelyk aangepak, wat minder finansiële ruimte vir beweging toegelaat het.

“Soos van hierdie groot projekte tot stilstand kom, is ’n doelbewuste uittreestrategie nodig om hulpbronne vir instandhouding en dringende prioriteite beskikbaar te maak.

“Van dié voorkeur word aan die spoorbedryf verleen, veral aan die ekonomiese deel van spoorroetes,” het hy gesê.

“Ná afloop van die tweede grondkonferensie verlede maand is daar ’n vraag na die diens van meer stedelike grond om die behuisingstekort te verlig. Die vloei van hulpbronne na plaaslike owerhede moet met dié nuwe denkwyse strook,” het hy gesê.

Die RFA het in Augustus reeds konsultante by 57 plaaslike owerhede en 14 streekrade aangestel.

Hierdie konsultante moet die dorpsrade met vaardighede en tegniese kennis van padbouprojekte en finansiële bestuur ondersteun sodat toegekende geld doeltreffend aangewend kan word.

Die land is vir hierdie doeleindes in vyf streke verdeel.

Lithon Project Consultants is aangestel om hul kennis in die Ohangwena-, Omusati-, Oshana-, Kunene- en Oshikotostreek te deel.

Artee Project Engineers is vir die Kavango-Oos en Kavango-Wes- en die Zambezistreek verantwoordelik.

Ingenium Consulting Engineers bedien dorpe in die Erongo- en Otjozondjupastreek, asook in die Kunene- en Oshikotostreek.

Khomas, Otjozondjupa, Omaheke en Hardap word deur Dunamis Consulting Engineers ondersteun, en Burmeister en vennote ondersteun die oorblywende ||Kharas- en Hardap-dorpe.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%