Padblokkade op ideale plek opgerig
Otis Finck op Walvisbaai - Die Desembervakansie se stormloop na die kus het begin.
Volgens sers. Muzonimo Shituna is die verkeer druk en het dit sedert 1 Desember noemenswaardig toegeneem, met sowat 700 motors wat daagliks verby die padblokkade na Walvisbaai ry. Verkeer sal na verwagting nog toeneem soos die feesseisoen vorder.
Die nuwe padblokkade tussen Walvisbaai en Swakopmund op die B2-hoofpad oorkant die Yianni Savva-polisiekantoor wat teen ''n koste van N$4,6 miljoen by Afrodite-strand gebou en in Junie geopen is, is volgens Shituna die ideale plek vir ''n padblokkade.
“Dit is veel beter vir veiligheid in vergelyking met die vorige een wat ''n paar kilometer buite Walvisbaai geleë was. Ons het beter beheer, genoeg ruimte om motors van die pad af te trek en te ondersoek sonder om die res van die verkeer op te hou. Die strategiese ligging sal ook help om spoed te beperk.”
Beamptes wat diens by die padblokkade doen, is veral op die uitkyk vir dronk bestuurders.
Hulle inspekteer ook rybewyse, lisensieskyfies en die padwaardigheid van voertuie, en sal tot Januarie 2017 daar op hul pos wees.
Doeane- en aksynsbeamptes sal ook voertuie nagaan en soektogte uitvoer vir enige onverklaarde goedere.
Hulle sal ook seker maak dat eienaars en bestuurders van buitelands geregistreerde voertuie oor die korrekte dokumente beskik.
Me. Annemarie Nowotes het bevestig ''n motor is van die pad afgetrek toe dit blyk die bestuurder het sy besoekerspermit oorskry en sy motor se dokumente nie in orde was nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie