Pad tussen Opuwo en Omakange verspoel

Vloedwaarskuwings vir inwoners naby die Zambezirivier geld steeds, maar watergebruikers van die Oranjerivier word gemaan om water te bespaar.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Goeie neerslae het die naweek in die noordelike en sentrale dele van die land voorgekom, maar nie 'n druppel in die dorre Suide nie.

Saterdag het 'n deel van die C41-teerpad tussen Opuwo en Omakange verspoel. Volgens mnr. Johan Liebenberg, eienaar van Uukwaluuhdi Safari Lodge, is die pad sowat 10 km voor Opuwo erg beskadig.

"Daar is egter 'n ompad vir die verkeer beskikbaar gemaak, maar die pad is nou weer oop," het Liebenberg gister gesê.

Terwyl vloedwaarskuwings vir die Noordooste uitgereik is, steier die Suide steeds onder die droogte.

Volgens die Namibiese hidrologiese dienste styg die vlak van die Zambezirivier steeds en is nou by Katima Mulilo 5,76 meter diep, terwyl inwoners in vloedgeteisterde gebiede steeds gewaarsku word om voorsorgmaatreëls te neem.

Die Okavangorivier se vlakke by Nkurenkuru was gisteroggend 2,64 meter diep en het 5,45 meter by Rundu gemeet.

Op die Facebook-blad “Reën in Namibia” word berig in die Kavangostreek het dit sedert Vrydag tot gisteroggend 59 mm gereën en by Divundu is reeds 623 mm se neerslae in die seisoen gemeet.

Sakaria Gumede Kandenge skryf op “Reën in Namibia” die goeie reën wat laat in Maart gekom het, het die mahangu-boere gered.

“Hul mahangu wat einde Februarie amper misluk het, is nou besig om weer mooi te groei en al die boere waarmee ek gepraat het, is gelukkig met die vooruitgang.”

Vooorts maan die Namibiese hidrologiese dienste watergebruikers van die Oranjerivier om waterbesparingsmaatreëls aan die dag te lê weens die kritieke lae vlakke van die benede-Oranjerivier.

Uit die Suide vanaf Maltahöhe skryf Piet Oelofse: "Hoe moet ons Suidlanders nou voel oor almal met hul reën spog? Ons sit met 'n swaar gemoed en lees die berigte."

Wat die weervoorspelling van die Namibiese metereologiese dienste vir vandag betref, sal dit steeds bloedig warm in die Hardapstreek wees. Oor die binneland sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm oor die verre Ooste en die ||Kharasstreek wees. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met geïsoleerde en verspreide donderbuie.

Volgens “Reën in Namibia” het neerslae die naweek op die volgende plekke voorgekom: Die plaas Okatjero 70 km noordoos van Windhoek 24 mm, Windhoek 20 mm, Usakos 18 mm, Kapps Farm 17 mm, Tsumeb 16 mm, Sorris Sorris 15 mm, Uis 14 mm, Ruacana 13 mm, Outjo 12 mm en Otjiwarongo 10 mm. Gistermiddag het 'n reënbui ook oor die hoofstad uitgesak en 21 mm is by Tsumeb se lughawe gemeet.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!