Pacman wys daar is nog skop in sy arms
Boks
Die Filippynse bokser Manny Pacquiao het gister gewys daar is nog heelwat skop in sy 39-jarige arms toe hy ’n skoksege oor die verdedigende weltergewigkampioen, Lucas Matthysse van Argentinië, behaal het.
Die Pacman het die titelgeveg van die Wêreldboksvereniging (WBV) uit die staanspoor oorheers en die verdediger uiteindelik in die sewende ronde katswink geslaan.
Nagenoeg 15 000 toeskouers in die Axiata-arena in die Maleisiese hoofstad Kuala Lumpur het aanskou hoe die bokslegende van die openingsronde af die Argentyn met sarsies peper.
Hy het Matthysse drie keer planke toe gestuur in aanloop tot die sewende ronde, voordat hy uiteindelik met ’n aardskuddende linker na die kakebeen sy einde bewerkstellig het.
Pacquiao, ’n wêreldkampioen in agt gewigsafdelings, het hiermee sy verbluffende loopbaanrekord tot 60-7-2 gerek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie