Pablo Neruda se gedigte nou in Afrikaans

Lloyd Zandberg
Die eerste Afrikaanse bloemlesing van die beroemde Chileense digter Pablo Neruda se gedigte is onlangs deur Naledi uitgereik.

Vandag is boordensvol, vertaal deur die digter De Waal Venter, spruit uit die Spaanse oeuvre van die man wat al as die grootste digter van die 20ste eeu beskryf is en die Nobelprys vir letterkunde in 1971 ontvang het.

Die bundel bevat van Neruda se eerste gedigte en ook een wat gepubliseer is nadat hy in 1973 dood is.

“Sy vroegste gedigte is vandag nog van sy gewildste en bekendste gedigte, soos sy 20 liefdesgedigte,” sê Venter, wat ook vir Neruda op die omslag geskilder het.

“Daar word eintlik van twee Nerudas gepraat: Die een wat die gedigte geskryf het wat mense ken, en die ander een wat baie polities georiënteerde gedigte geskryf het. Kritici beskou hierdie gedigte as minder belangrik vir die letterkunde, hoewel dit van maatskaplike en politieke belang is.”

Venter het in 2010 begin om Neruda se gedigte te vertaal.

Hy het tot in 2018 gewerk aan die verse wat in Vandag is boordensvol opgeneem is.

Venter is egter nog nie klaar met vertalings van Neruda nie.

“(Die digter) Charl-Pierre Naudé, wat die inleiding in die bundel geskryf het, het vanoggend vir my ’n boodskap gestuur en gevra of ek nog gedigte het. En ek het. Ek hoop daar is nog ’n paar vrugbare skryfjare oor.”

Venter het danksy die digter Uys Krige die werk van Neruda ontdek.

“As ’n jong man het ek Uys se vertalings van hom gelees. Uys het ook (die Spaanse digter Federico) Lorca vertaal. Dit was baie jare gelede, maar dit het lank geneem voordat ek uiteindelik besluit het om hom (Neruda) te probeer vertaal.”

Die opvolg wat Venter van Neruda se verse in Afrikaans beplan, sal egter nog ’n ruk neem.

Hy vertaal ook die gedigte van die ontslape Sweedse digter Tomas Tranströmer wat in 2011 die Nobelprys vir letterkunde gewen het.

Intussen is daar ook sy eie skryfwerk.

Venter se jongste digbundel, Oop sirkel, het in 2017 by Naledi verskyn.

“Ek dink sommige gedigte is onvertaalbaar of moeilik vertaalbaar omdat daar woordspelings voorkom, maar as die gedig so geskryf is dat dit nie vertaal kan word nie, is die gedig miskien obskuur, of die gedig se tegniek is so swak dat dit onvertaalbaar is. Dis die enigste redes waarom ek dink ’n gedig nie vertaal kan word nie.”

Venter reken hy is teen dié tyd al ingestudeer wat Neruda betref. Sy vertaalvermoë moes hy ook ontwikkel.

Hy het al twee gedigte met opset in Neruda se styl geskryf.

Vertaling is egter ’n ander storie.

“Daar bestaan ’n spektrum van vertaling. Aan die een kant is daar ’n baie direkte vertaling, soos in ’n hof of met ’n toespraak. Daar is ook sulke gevalle in die letterkunde. Aan die ander kant is daar gevalle waar iets so vry vertaal word dat dit eintlik nie meer as ’n vertaling beskou kan word nie, maar as ’n herskrywing van die gedig.

Nou êrens in hierdie spektrum beweeg verskeie vertalers.

Ek plaas myself 25% in daardie ruimte.”

Dit wat in die Spaanse gedig vertel word, figureer wel in die Afrikaanse gedig, maar nie noodwendig woord vir woord nie.

Dit was die geval in ’n gedig soos “ ’n Klompie gediertes”.

“Daar verskyn ’n woord wat in Afrikaans letterlik ‘miershoop’ beteken, maar in die gedig kon dit nie werk nie, want die gedig handel oor verskeie diere. So, dit moes aangepas word.

“ ’n Mens wil getrou aan die vers bly, maar soms is dit nodig om effens af te wyk. Dis altyd nodig om te kyk dat jy die Afrikaans so skryf dat jy ’n gedig skryf en nie ’n vertaling nie.

“Jy wil nie soseer ’n weergawe van die betekenis hê nie, jy wil ’n Afrikaanse gedig hê.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%