Paaseiers vol hoop
Tanja Bause
Meer as 90 kinders van Hope Village in Katutura is die afgelope Paasnaweek deur Mej. Biltongfees Tiener 2018, Juanita Koen, met klere, speelgoed en lekkers verras.
“As titelhouer moet ons 'n liefdadigheidsprojek ondersteun. Kinders – veral kinders met spesiale behoeftes en arm kinders – lê my baie na aan die hart. Ek het van Hope Village gehoor en onmiddellik op Facebook vir klere en speelgoed gevra. Ek het ook onder familie en vriende begin insamel,” sê Juanita.
As deel van haar taak word N$1 000 aan haar toegeken om aan liefdadigheid te bestee.
“Ek het die geld gevat en vir die kinders Paaseiers, ander lekkergoed en noodsaaklikhede gekoop. Ek het pakkies opgemaak sodat elke kind sy eie pakkie kon kry.”
Volgens dié graad 11-leerling aan die C.I.D.S Centre in Windhoek het die kinders in haar hart gekruip en wil sy hulle in die toekoms ook graag ondersteun en tyd met hulle deurbring.
“Dit was 'n baie lekker dag. Ek wil meer by hulle kuier en met hulle speel en net liefde uitdeel.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie