Paasbolletjies maak jou ‘hoenderkop’

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – As jy die naweek ‘n motor gaan bestuur, moet jy versigtig aan paasbolletjies smul.

Stadig ook met padkos soos pizza en ander gebak as gis een van die bestanddele is.

Alhoewel dit jou nie besope gaan maak nie, kan dit wel ná ‘n blaastoets die polisie oortuig jy het te diep in die bottel gekyk.

Die nuus volg nadat ‘n video gister wyd in Namibiese sosiale media versprei is waarin ‘n Suid-Afrikaanse polisiebeampte in Port Elizabeth se asem aanvanklik negatief vir alkohol toets. Daarna neem hy twee enorme happe van ‘n Checkers-paasbolletjie “wat by Metlife Plaza” gekoop is en blaas die metertjie tot op 0,21 mg .

Nog één krummel en hy was oor die buurland se perk van 0,24 mg.

Daarteenoor sou ‘n Namibiër waarskynlik drie happe kon neem, aangesien ons toelaatbare bloedalkoholvlak vir 'n blaastoets 0,37 mg per 1 000 ml asem is.

10 000 SAL JOU DRONK MAAK

Die Namibiese voedselkundige dr. Diana van Schalkwyk verduidelik dat die gis, wat een van die bestanddele is, ‘n klein bietjie alkohol produseer.

Sy sê dit is egter heeltemal te min om ‘n mens dronk te maak.

Dit hang natuurlik af hoe groot jou eetlus is, meen die buurland se Justice Project South Africa (JPSA), wat sê jy sal beslis dronk (en redelik versadig) wees as jy 10 000 paasbolletjies geëet het.

Van Schalkwyk sê dit is egter moontlik dat ‘n paasbolletjie jou ‘n blaastoets kan laat dop.

“Om positief vir alkohol as gevolg hiervan te toets, sal jy die blaastoets moet doen terwyl die kos nog soort van in jou mond is. Die oomblik as dit in jou spysverteringstelsel beland, is dit te veel verdun om opgetel te word,” het sy gesê.

Van Schalkwyk het bevestig dat tot die asyn wat in sommige slaaisouse gebruik word, vrugte en vrugtesappe waarin fermentasieprosesse kan voorkom en mondspoelmiddels tot ‘n vals positiewe resultaat kan lei.

“Dit is egter net moontlik indien jy ‘n toets neem direk nadat jy van die produkte geëet of gebruik het.” Sy sê in die praktyk het sy al soortgelyke gevalle gesien, maar dit kan help om jou mond met water uit te spoel en ‘n paar minute te wag voordat jy weer die blaastoets doen.

Sy sê die blaastoetse word net gebruik om ‘n aanduiding te gee of iemand onder die invloed is, terwyl ‘n bloedtoets die ware jakob is.

Die nuwer EBAT-blaastoestelle, wat op Suid-Afrikaanse paaie gebruik word, is ontwerp om nie alkohol in jou mond waar te neem nie.

Intussen het Checkers in ‘n persverklaring hul tevredenheid uitgespreek dat ‘n video van hul paasbolletjies soveel opslae gemaak het.

Hul woordvoerder, me. Sarita van Wyk, het bevestig hul paasbolletjies is beslis alkoholvry en word van die beste, natuurlike bestanddele gemaak.

“Die vals-positiewe resultaat op die blaastoets in die video word waarskynlik veroorsaak deur gis en vrugte, wat wel tot onakkurate blaastoetsresultate lei, soos reeds die eerste keer in Australië in Januarie vanjaar oor verslag gedoen is,” het Van Wyk gesê.

Intussen het ‘n vervaardiger van blaastoetse wat in motors geïnstalleer word, LifeSafer, ook erken dat gebak jou gestrand kan laat. Motors met dié toestelle sluit nie aan as die alkoholvlak in jou asem te hoog is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%