Paaieowerheid gee Namibiërs hupstoot

Plaaslike deelname aangemoedig

28 March 2019 | Infrastruktuur
Augetto Graig



Die Paaieowerheid (RA) dring daarop aan dat padbouprojekte só verdeel word dat Namibiese kontrakteurs, klein- en mediumondernemings en plaaslike werknemers die geleentheid kry om deel te neem, te ontwikkel, en hul vaardighede en vermoëns te verbeter.

Volgens mnr. Conrad Lutombi, die RA se uitvoerende hoof, behels meer as 56% (of N$9,25 miljard van die totale toegekende N$16,5 miljard) van die owerheid se besteding die ­afgelope vyf jaar die betaling van Namibiese diensverskaffers.

Boonop is sowat N$283,8 miljoen vir die bou van weegbrûe en kantore uitsluitlik aan die dienste van 17 ­Namibiese kontrakteurs en kleiner ondernemings bestee, wat 'n bykomende 486 werksgeleenthede moont­lik gemaak het.

“Om die RA se verantwoordelikheid na te kom om 'n veilige en doeltreffende padboubedryf te vestig, het die owerheid beleide en strategieë daargestel om belangrike diensverskaffers se vermoëns te ontwikkel en te verbeter – veral kontrakteurs en kleiner ondernemings wat beide kapitaalprojekte en arbeidsgebaseerde padbouprojekte landswyd behartig,” sê hy.

Lutombi sê 84 Namibiese kontrakteurs en 442 kleiner ondernemings was die afgelope vyf jaar onder die RA se toesig werksaam. In dié tydperk is nege arbeidsgebaseerde grondpaaie en 25 toegangspaaie na skole en klinieke in die land gebou. Die grondpaaie is deur 11 boukontrakteurs en 45 kleiner ondernemings gebou, sê hy.



PAAIE OPGEGRADEER

Wat groter projekte betref, sê Lutombi 23 paaie is opgegradeer na teerpaaie, waarvan ses deur Namibiese kontrakteurs gebou is, nege deur middel van vennootskappe tussen Namibiërs en buitelanders, en agt deur ­buitelandse kontrakteurs.

Altesaam 339 Namibiese ondernemings was as subkontrakteurs en kleiner besighede ook by dié ­projekte betrokke, sê hy.

Sodoende is sowat 13 607 werksgeleenthede vir Namibiërs geskep, sê hy.

“Wat groter kapitaalprojekte betref, ondersteun die RA die toekenning van sodanige projekte aan vennootskappe tussen gevestigde Namibiese kontrakteurs en internasionale padboumaat­skappye – eerstens sodat vaardighede oorgedra kan word, kapasiteit ontwikkel kan word en die Namibiese padboubedryf kan ontwikkel.

“Dié poging sal plaaslike kontrakteurs voortdurend begunstig,” sê hy.

“Die Paaieowerheid was en is toegewy aan die bemagtiging en bevordering van plaaslike ­kontrakteurs se deelname aan al ons padbou­projekte.

“Derhalwe het die RA besluit om diensverskaffers te ­klassifiseer volgens hul ­vaardigheidsvlakke, groottes, ­finansiële vermoëns, mens­like hulpbronne, toerusting en ­masjinerie.

“Die klassifisering van kontrakteurs in die padboubedryf sal die opstel van 'n lys vooraf gekwalifiseerde kontrakteurs tot gevolg hê, wat dan aan verskeie soorte projekte sal kan deelneem,” sê hy.

'n Raamwerk vir die klassifisering word opgestel en sal in die 2019-'2020-boekjaar voltooi word, sê Lutombi.

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

6 ure gelede | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

22 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

22 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

22 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

22 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

22 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

22 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...