Paaie op Rundu ’n nagmerrie

Infrastruktuur
Kenya Kambowe
Kenya Kambowe – Die dorpsraad van Rundu het onlangs ’n kontrakteur aangestel om die vervalle paaie van die dorp te herstel wat weens die slegte toestand in die reënseisoen vir elke bestuurder ’n nagmerrie is.

Jare lank word reeds oor die bestuurders se klagtes en eis vir opknapping van paaie berig. Vele bestuurders verkies om liewers langs die paaie ry, wat vol slaggate is.

Bestuurders het Maandag opnuut ’n beroep op die dorpsraad gedoen om die paaie in die dorpsgebied te herstel.

“Elke jaar bly die paaie dieselfde. Dit maak nie saak of dit reënseisoen is of nie, die paaie bly ¦n nagmerrie.
“Ons gaan besoek ander dorpe en beleef hul paaie en droom daarvan dat Rundu se paaie eendag ook so sal lyk, maar hier verander niks nie. Ons moes maar net gewoond raak aan die slegte paaie,” het een bestuurder met die naam Martin gesê.

Volgens die hoof uitvoerende beampte van Rundu, Olavi Nathanael, is aan die einde van laas jaar as ’n kontrakteur aangestel en sal hy na verwagting dié maand met die werk begin.

Die kontrak se waarde beloop N$7 miljoen en die kontrakteur moet die hele paaienetwerk van Rundu herstel.

Volgens Nathanael sal geen nuwe paaie gebou word nie, omdat die geld van die Padfondsadministrasie (RFA) slegs vir die herstel van paaie gebruik sal word.

[email protected]
FOTO’s Kenya Kambowe

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!