Paaie eis 6 toeriste in 1 maand
Tanja Bause
Twee Italiaanse toeriste is gister in die vroeë oggendure dood toe die voertuig waarin hulle passasiers was, die pad verlaat en omgeslaan het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk op die C19-grondpad naby Maltahöhe en die Hammerstein Lodge plaasgevind.
Dit bring die dodetal van buitelandse toeriste in 'n maand op ses te staan.
Drie Franse toeriste het op 22 Julie in 'n kop-teen-kop-botsing gesterf. Die ongeluk het sowat 20 km buite die Mata-Mata-grenspos en 140 km van Koës af plaasgevind.
Vier Franse toeriste was in die een voertuig en vier Belgiese toeriste in die ander.
Volgens die Belgiese bestuurder het hulle van Mata-Mata af na Koës gery toe hulle die ander voertuig van voor af in die middel van die pad gewaar het.
“Die bestuurder het probeer uitswaai om 'n ongeluk te vermy. Die Franse bestuurder het in dieselfde rigting uitgeswaai, wat tot 'n kop-teen-kop-botsing gelei het.
“Twee Franse mans is op slag dood en 'n vrou het in die Koës-kliniek gesterf,” lui die misdaadverslag.
Voorts is 'n toeris van Spanje Saterdag dood toe die toerbus waarin sy 'n passasier was, op die hoofpad tussen Tsumkwe en Grootfontein teen 'n dubbelkajuitbakkie gebots het. In die bakkie was vier Franse toeriste.
“Die ongeluk het plaasgevind toe die bakkie skielik na regs voor die bus ingedraai het. Die bus het teen die kant van die bakkie gebots en toe 'n paar keer gerol,” lui die verslag.
In nog 'n ongeluk Sondag is die 34-jarige me. Surieta Bezuidenhoud en die vyf maande oue Rechardeine Slinger op slag dood toe die bussie waarin hulle passasiers was, op die hoofpad tussen Rehoboth en Kalkrand teen 'n sedanvoertuig gebots het.
Die vyfjarige Luca Slinger is later in die hospitaal dood.
Volgens die verslag het die 23-jarige bestuurder, 'n Suid-Afrikaanse burger, beheer oor haar voertuig verloor en teen die bussie gebots waarin 15 mense was. Die bestuurder van die sedan was alleen in die voertuig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie