Pa verkrag glo sy dogter
‘n Man van Okandjatu verskyn môre in die landdroshof op Okakarara op aanklagte van bloedskande en of die verkragting van sy 14-jarige dogter. Volgens die polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupa-streek, insp. Maureen Mbeha, het die beweerde verkragting Maandag in die vroeë oggendure in haar ouerhuis plaasgevind.
“Die meisie se ma is oorlede en sy het haar klasonderwyser van die voorval gesê. Sy het op haar beurt familielede van die meisie en ook die polisie oor die beweerde voorval ingelig,” het Mbeha gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie