Pa se nier bring nuwe hoop

22 December 2016 | Gesondheid
Anneli Erasmus - 'n Nuwe lewe is die grootste geskenk wat Brumilda Kock van Rehoboth ooit by haar pa, Reginald, gekry het. Hy het haar een van sy niere gegee wat op 15 Desember suksesvol in Johannesburg by haar ingeplant is.

“En dit gaan goed met die ontvang­er en die skenker”, het die 11-jarige Brumilda se ma, Bernice, uit Johannesburg laat weet.

“Bernice reageer goed op behandeling en haar liggaam het die nier goed ontvang. Sy beweeg rond, maar sy sal vir die volgende ses weke nog deur spesialste gemonitor word. Maar vir nou is klein Brumilda net dankbaar vir haar vroeë Kersgeskenk.”

Die vreugde en dankbaarheid vir nuwe hoop vir Brumilda word deur die ganse Namibië gedeel wat bygedra het tot die “Love for Brumilda Kock Campaign” wat deur die ­Namibiese kunstenaar, George Longane, en sy vrou, Prudence, begin is om geld in te samel vir die Kocks se stygende mediese koste en die operasie.

Die diagnose van chroniese nierversaking by Brumilda vroeg vanjaar het nie net haar lewe nie, maar die van haar hele gesin verander. Haar ma moes uit haar werk bedank om na Bermulda om te sien wat vieruurliks dialise moes kry. Die lewenslustige Brumilda het met haar skoolloopbaan voortgegaan ondanks die ontwrigting wat dit vir haar ­meegebring het. Sy het selfs goed gevaar op skool en het meestal opgewek gebly.

Hoop op 'n nuwe lewe vir Brumilda het opgevlam toe haar pa as 'n moontlike skenker geïdentifiseer is. Dit het talle toetse en besoeke aan spesialiste in Johannesburg meegebring. 'n ­Teruglsag het gekom toe die ­oorplanting wat in September gedoen sou word, gekanselleer moes word omdat sy infeksie opgedoen het. Dit het al hoe meer begin lyk dat die ­operasie eers in 2017 gedoen sou word.

In Desember het die goeie nuus gekom dat die operasie vir 15 Desember geskeduleer is. Finale toetse is op 12 Desember gedoen wat deurslaggewend was sodat met die operasie voortgegaan kon word.

Nou wink 'n nuwe lewe op die jong­eling in die nuwe jaar.

Soortgelyk

 

Namibië: Jerusalem hoofstad van Israel én Palestina

4 ure gelede | Internasionaal

Die regering sê in ‘n verklaring hy het om groot kommer kennis geneem van die die VSA se aankondiging dat hy Jerusalem as hoofstad van...

Rynand Mudge herstel ou geboue

15 ure gelede | Omgewing

Augetto Graig Windhoek se geskiedenis het sedert 1910 en 1913 voor die historiese Gathemann- en Erkrath-gebou in die stad se hoofstraat afgespeel. Die geboue, wat...

EU-lys g'n 'swartlys'

15 ure gelede | Internasionaal

Ronelle Rademeyer “Die EU het Namibië nog nooit as 'n belasting­toevlugsoord beskou nie. Dit is 'n totale misverstand.”Só het die Europese Unie se ambassa­deur in...

Raad vir jong ondernemers

15 ure gelede | Onderwys

‘n Gids oor volhoubare ontwikkeling vir jong ondernemers in Namibië verskyn vandag in Namibia Media Holdings (NMH) se dagblaaie en is gister amptelik bekend gestel.Die...

Kalender 8 Desember

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Wees deel van die eerste weergawe StArt Art Salon vandag by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat...

Weer vir 7 Desember

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die verre oostelike gedeeltes, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie maar verspreide...

Crimson House en Andra deel verhoog by kus

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Suid-Afrikaanse groep Crimson House bring hul Gypsy Jungle-vertoning oor die feestyd na Swakopmund. Crimson house sal saam met sangsensasie Andra van 19 tot 22...

Een stem, ’n kitaar en baie Stone-emosie

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Warehouse-teater is dié plek vir kultuur, vermaaklikheid, yskoue bier en pizza in Windhoek. Hierdie gewilde landmerk het onlangs sy 5de verjaardag gevier sedert dit...

Bekendstelling van StArt Salon uitstalling by Macadam-mark

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Wees deel van die bekendstelling van die eerste volume van StArt Salon vanaand by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat die...