Pa kry lewenslank vir moord op sy twee seuns
‘n Voormalige polisiekonstabel wat sy seuns in 2014 in Gobabis met ‘n mes doodgesteek het, is in die hoërhof in Windhoek lewenslank tronk toe gestuur.
Albertus !Ganeb het sy twee seuns, die sewejarige Tertius Romeo Shaun Swartz en die vierjarige Gregory Swartz op 25 April 2014 in die Epako-nedersetting by Gobabis vermoor. Hy het vir elk van die twee moordklagte lewenslange tronkstraf gekry. Vir die twee klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, het hy twee jaar tronkstraf elk gekry nadat hy die ma van die twee seuns aangerand het. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie