Pa, kinders oorleef heli-ongeluk

Noodlanding in berge

17 July 2020 | Ongelukke
Francoise Steynberg - Die bekende sakeman en veldrenjaer van Grootfontein, mnr. Jaco van Dyk (47), en sy drie kinders het gister wonderbaarlik ’n helikopterongeluk oorleef.

Van Dyk, sy twee dogters Cornelia “Ousus” (15) en Jolandie “Bokkie” (13), en seun Jacobus “Chucky” (12), is gister per polisiehelikopter na die Lady Pohamba Private Hospitaal in die hoofstad afgevoer ná sy onsuksesvolle noodlanding met sy helikopter in die berge oos van Windhoek.

Vriende en familie het gister by die hospitaal byeengekom om die Van Dyks te ondersteun.

Volgens ’n familievriend het hy met Van Dyk en twee van die kinders gepraat en “almal is in ’n stabiele toestand”.

“Ek het met Jaco gepraat en hy was net bekommerd oor sy kinders,” het die vriend gisternamiddag aan Republikein gesê.

Van Wyk het volgens inligting ernstige inwendige beserings opgedoen en die kinders het ledemate gebreek.

Van Dyk se MD600-helikopter met registrasiemerk V5-HVD het omstreeks 11:00 naby Heja Lodge in die berge geval nadat hy ’n noodlanding probeer maak het.

Volgens kapt. Oskar Plichta, ongelukondersoekbeampte van die departement vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, het Van Dyk omstreeks 09:00 uit Grootfontein vertrek en was hy deurentyd in verbinding met die Eros-lughawe in die hoofstad waar hy sou land.

“Hy het ’n noodsein na Eros uitgestuur dat hy ’n noodlanding gaan maak, maar hy het nie veel opsies in die bergagtige terrein gehad nie,” het Plichta gesê.

Toe Plichta op die toneel aangekom het, is Van Dyk en sy kinders by die wrakstukke van sy helikopter gevind wat weens die impak van die ongeluk in stukke uitmekaar geruk is.

“Van Dyk was in ’n kritieke toestand en sy kinders ernstig beseer. Hulle was almal soort van by hul bewussyn,” het Plichta gesê.

’n Vriendin uit hul skooldae op Otjiwarongo, me. Wanda Esterhuizen, het gesê almal is so geskok en verslae oor die voorval, want Van Dyk is ’n goeie, ervare vlieënier.

“Hy is ’n ongelooflike pa en maak sy drie kinders alleen groot,” het sy aan Republikein gesê.

“Sy voormalige vrou, Cornelia, woon op Swakopmund en hopelik kan reëlings tydens die Covid-19-hoktyd vir Erongostreek getref word sodat sy haar kinders in die hospitaal kan kom sien,” het ’n vriend gesê.

Van Dyk se enigste ouer broer, Nico, het ’n paar jaar gelede in ’n motorongeluk gesterf.

Van Dyk is die eienaar van Van Dyk Petroleum op Grootfontein en sy kinders is leerlinge van die private skool Grootfontein Agri College.

Hy is ook ’n bekende in veldwedrenkringe. Van Dyk en navigator Michel Rust het in 2019 en 2018 die Total Tara-kroon gedra toe hulle die OR-afdeling (off-road) van die gesogte tydren ingepalm het.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

5 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

6 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

11 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

22 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

22 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

22 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

22 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

22 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...