Pa en seun se blad geskud

Ek het in my loopbaan die voorreg gehad om talle staatsleiers te ontmoet, ook 'n pa en seun wat president van dieselfde land was.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Jare gelede, in 1993, het ek by die SAUK in Suid-Afrika op die politieke redaksie gewerk.

Op die gebruiklike rotasiestelsel vir buitelandse reise saam met die president, moes ek oudpresidente F.W. de Klerk en Nelson Mandela na Amerika vergesel om nuusdekking te verleen toe die Liberty Freedom Award gesamentlik aan hulle toegeken is.

Terwyl ons in Washington was, is ons mediakorps meegedeel dat drie joernaliste gekies is om saam met De Klerk te gaan om oudpres. George H. Bush (toe al afgetree), die pa van pres. George W. Bush, wat tans in Namibië is, by sy private woning in Maine te gaan besoek.

Onderweg het De Klerk uit sy stywe, formele pak verklee in 'n jean en oopboordjiehemp en 'n gemaklike sportbaadjie, want, het hy verduidelik, pres. Bush het laat weet dis 'n informele kuiertjie, nie 'n amptelike besoek nie.

Op die lughawe op Kennebunck Port in Maine het ons amper op ons kollektiewe rûe geval toe die vliegtuig se deur oopgaan. Op die aanloopbaan, neffens die vliegtuig, staan Bush homselwers.

Met die vertrek uit Washington was dit hittig en humied. Met die aankoms in Maine het 'n motreëntjie geval en dit was snerpend koud. My klere was duidelik nie geskik vir die weersomstandighede nie - kortmoubloesie en dun linnebroek.

Ons is met die konvooi aangery na Bush se private woning, Walker's Point, waar ons ook sy gade, Barbara, en die voormalige Withuis-troeteldier, Milly die hond, ontmoet het.

Die oudpresident was (en is steeds) 'n hartlike en toeganklike mens. Hy het my een kyk gegee en gevra of ek nie koud kry nie. Ek het my beste voetjie voorgesit en bibberend verklaar dat ek heeltemal gemaklik is. Hy sê toe “wag” en stap terug in die huis in. Sekondes later kom hy met 'n “windbreaker” in die Amerikaanse rooi, wit en blou terug en sê ek kan dit vir die dag gebruik.

Een van my kollegas wys my toe op die naam-etiket op die baadjie:“First Lady.”

Ek het 'n onderhoud met hom gedoen oor die demokratiese oorgangsproses in Suid-Afrika en vir die res van die tyd was ons joernaliste in die geselskap van die geheime diens wat ons van die baie belangrike persone weggehou het.

Voor ons vertrek het ek die baadjie terugbesorg aan die geheime diens met 'n boodskap van innige dank aan die president.

Met die onlangse nuus dat sy seun, wat toe ook intussen 'n Amerikaanse president was, Namibië kom besoek, sou ek natuurlik wat wou gee om hom ook te ontmoet.

Fotograaf Tanja Bause en ek is geakkrediteer en was Woensdag om 09:00 op die Eros-lughawe by die regering se amptelike aankomsarea.

Ná 'n dag wat ons die amptelike gesel­skap gevolg het, eers na Hoërskool Ella du Plessis en toe Windhoek se sentrale hospitaal, was dit duidelik: Geen interaksie tussen die media en die hoë besoekers nie. 'n Kort verklaring aan die media, in die voertuie en weg is hulle.

Ek was wel gelukkig genoeg om 'n uitnodiging na die “private ete” Woensdagaand te kry. Private beteken nie 'n tafel van hoogstens 12 mense nie, moes ek leer. Daar was meer as 300 gaste. My hoop om 'n woordjie in te kry met Bush het soos mis voor die son verdwyn. Desnieteenstaande het ek met my selfoon foto's van dié in my fotoalbum ná my besoek aan Walker's Point geneem.

Tydens die dinee kon ons van die tafel waar ons gesit het skaars die hooftafel sien.

Ná die ete, terwyl almal aan hul wortelkoeknagereg gesmul en nog gesels het, het die hoof van protokol na ons tafel gekom, my op die skouer geklop en vorentoe genooi om die eregas te ontmoet.

Dit alles danksy ons ongelooflike presidentsvrou, me. Monica Geingos.

Met die intrapslag het ek besef daardie lessie wat Tracy vir ons in “Women in News” geleer het, is baie waar. Hysbakgesprek: Jy moet binne 'n minuut 'n indruk maak of jy is weg.

Ek het begin met: “It is such an honour to meet you, Mr. President. I met your parents in 1993 in Kennebunck Port at Walker's Point.” Toe rek sy oë en hy sê “Wow, you have been there? Love that place.”

Ek skets toe die besonderhede van die besoek, haal my selfoon uit en wys vir hom die foto's. Die ys is gebreek.

Nou sal 'n mens dink dat enige joer­nalis met bietjie ervaring ernstige vrae sou begin vra oor 9/11 en die inval in Afganistan.

Of dat onder die Bush-administrasie hulle nooit vir Osama bin Laden kon vastrek nie, maar dat dit tydens pres. Barack Obama se bewind gebeur het. Of die onnodige oorlog in Irak, die opkoms van die IS en die besef dat “hindsight is 20/20 vision” en verskeie dinge liewer beter sou wees indien dit nie gebeur het nie. En natuurlik die Trump-faktor.

My joernalistieke instink het my totaal verlaat. My twee vrae aan hom was: Hoe gaan dit met u pa en ma?

En wat is die verband tussen Walker's Point en George Walker Bush, wat hy heel bevredigend beantwoord het.

“Ek is bekommerd oor die 'new guy' in die Withuis,” sê ek. En dadelik voeg ek by (wat so indruis teen alle joernalistieke instink): “This is off the record, of course!”

En toe laat waai hy vir sekondes en van daardie sekondes kan ek nie 'n woord skryf nie. My geheim.

Die protokolbeampte het my weer op die skouer kom tik voordat hy mooi op dreef was, en gesê die funksie moet nou ten einde loop en kan ek asseblief na my tafel terugkeer.

En toe soen George W. Bush my op die wang.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.10/OZ UP +0.60% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.72% | Zinc US$ 2 837.40/T UP 0.59% | Brent Crude Oil US$ 86.62/BBP DOWN -0.0124 | Platinum US$ 937.82/OZ DOWN -0.0023 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.10/OZ UP +0.60% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.72% | Zinc US$ 2 837.40/T UP 0.59% | Brent Crude Oil US$ 86.62/BBP DOWN -0.0124 | Platinum US$ 937.82/OZ DOWN -0.0023