Pa, dokter en fotograaf

19 June 2020 | Kuns en vermaak
Rian van Schalkwyk is nie net die pa van 'n vierjarige dogtertjie, Nina, nie, maar ook 'n dokter by ongevalle met 'n passie vir fotografie.

Hy is onlangs as een van die finaliste van die Africa Geographic Galleries se Fotograaf van die Jaar-kompetisie aangewys, waar hy teen strawwe kompetisie meegeding het.

Meer as 37 853 inskrywings is vir die kompetisie ontvang.

Rian het onlangs nog 'n mylpaal in sy loopbaan bereik met sy fotoboek, Safari with Nina, wat onlangs bekendgestel is.

In 2019 het hy 'n “lewensveranderende” reis saam met Nina aangepak. Oor nege maande het hulle na agt Afrikalande gereis en 27 nasionale parke besoek. Sy inleiding van die boek lui: “Dit gaan oor die laagtepunte en hoogtepunte om met 'n vierjarige te reis en te kamp.”

Rian en Nina se reis het op 2 Januarie verlede jaar begin en hulle het Afrika tot middel-Oktober platgereis.

Rian het vir 13 jaar 'n mediese praktyk op Rundu bedryf. Hy sê hy het nog altyd die begeerte gehad om deur Afrika te toer. Toe maak Nina egter haar opwagting. Hy het so ses jaar gelede besluit om sy hand aan fotografie te waag.

Verlede jaar het dit gevoel dit is die regte tyd en hy en Nina het in die pad geval. Hy beskryf dit as 'n “dag-tot-dag” ervaring.

“Die kampe was dikwels nie omhein nie. Ons het so te sê tussen die diere geslaap. Elke dag was 'n avontuur.”

Oor sy sukses by die African Geographic-fotokompetisie sê hy: “Dit is wonderlik om erkenning te kry vir iets waarin jy jou hart en siel gestort het.”

Rian vertel hy het tien dae lank geduldig by die Cubitje Quap-watergat in die Kgalagadi-oorgrenspark in Suid-Afrika gewag om die perfekte foto te neem. Die eindresultaat, 'n jakkals en 'n valk wat in 'n stryd om middagete gewikkel is, getiteld Waltz of Death, is werklik iets besonders.

Rian sê die grootste uitdaging was om vir tien dae lank met 'n woelige vierjarige by die watergat te sit.

“Jy leer regtig die kuns van geduld. Dit was ook 'n kans om my gedagtes te orden.”

Rian het onlangs sy eie maatskappy genaamd Wildlife Photo Safaris begin. Oor dié projek is hy net so opgewonde, sê hy. “Veral in die tyd waarin ons onsself bevind, is dit noodsaaklik om plaaslike toerisme te ondersteun.”

Hy wil graag mense na die Etosha-panne neem.



XXXXXXXXX

Sy dogter bly sy grootste prioriteit. Hy voel die avontuur was goed vir Nina se selfvertroue. “Sy is gewoonlik 'n skamerige kind, maar deesdae borrel sy amper oor van selfvertroue. Sy is 'n regte boskind. Sy ken sowat 30 voëls se name uit haar kop uit.”

Hy wil sy diepgewortelde waardering vir die natuur reeds vroeg in sy dogter tuismaak. “Ek voel baie mense verloor mettertyd hul verbintenis met die natuur. Ek wil hê Nina moet altyd onthou waar sy vandaan kom.”

Hy glo sosiale media is een van die redes hoekom mense hul aanvoeling vir die natuur verloor. “Op die toer het ek amper geen sosiale media toegelaat nie en ek probeer nog steeds haar kontak met sosiale media beperk.'

Rian sê dit is moeilik om sy gunstelingplek te kies. “Verskillende plekke het verskillende bekorings.” Die Kalahari het 'n unieke houvas op hom, miskien omdat dit hom so baie aan sy moederland laat dink. Die Serengeti Nasionale Park in Tanzanië was 'n belewenis, alhoewel dit baie beknop was. “Die South Luangwa Nasionale Park in Zambië is moeilik om te beskryf, maar dit het regtig 'n unieke aantrekkingskrag.”

Hy wil graag in die toekoms 'n koffietafel-styl album bekend stel en moont­lik 'n uitstalling reël sodra omstandighede dit weer toelaat.

Intussen is Safari with Nina beskik­baar as 'n e-boek op Blurb, 'n platform soortgelyk aan Amazon, en kos USD9,99. - [email protected]

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

5 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

5 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

7 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

8 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

19 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

19 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...