Pa bly koelkop tydens huisroof

06 January 2020 | Misdaad
Jo-Maré Duddy



'n Koelkop ingesteldheid het verseker dat 'n pa en sy twee kinders Vrydag ongedeerd daarvan afgekom het ná hulle na bewering helder oordag in hul huis in Pionierspark in Windhoek deur drie gewapende mans beroof is.

Mnr. Hendri van Zyl het aan ­Republikein gesê hy was omstreeks 11:25 voor sy rekenaar in die sitkamer werksaam toe die mans, met messe gewapen, deur die oop skuifdeur op die lapa toegang tot die eiendom verkry het.

Die Van Zyls se huis grens aan 'n rivierbedding en die mans het oënskynlik die lemmetjiesdraad geknip en die elektriese heining met stokke opgelig om oor die muur te klim. Die gesin se twee honde het wel geraas, maar volgens Van Zyl blaf hulle gedurig vir die tarentale in die rivier. Hy het dus nie onraad vermoed nie.

Van Zyl sê hy het dadelik sy hande uitgehou en die jong mans verseker hy gaan hom nie teësit nie.

“Dis die enigste ding wat jy kan doen. Help eerder waar jy kan. Ons het versekering, maar jy het net een lewe.”

Die inbrekers het Van Zyl glo vasgebind en hom op sy knieë in die gang af na die kamer gesleep waar sy seun (13) en dogter (6) was. Hulle wou weet waar Van Zyl se geld is, maar hy het verduidelik sy vrou, wat nie tuis was nie, het sy beursie. Daarna het hulle na bewering die huis begin deursoek vir goed wat hulle kon steel.



Lugpistool

Volgens Van Zyl het een van die inbrekers kwaad geraak ná hy op 'n lugpistool (BB gun) afgekom het. Hy het gedink Van Zyl het gejok dat daar nie wapens in die huis was nie. Van Zyl moes toe verduidelik dit is eintlik 'n speelding.

Volgens Van Zyl het die mans nie aggressief teenoor hom of sy kinders opgetree nie, maar kon hy hoor hulle raak toenemend gefrustreed omdat hulle nie genoeg waardevolle besittings kon kry nie.

Nie een van die kinders was aanvank­lik vasgebind nie.

Toe hulle vermoed die inbrekers is weg, het Van Zyl se seun hom begin losmaak. Die mans het die seun betrap en hom vasgebind.



Buurtwag

Later het die dogter haar broer begin losmaak omdat hulle vermoed het die inbrekers was vort. Hulle is opnuut betrap en die inbrekers het gedreig dit is die laaste keer dat hulle die seun gaan vasbind.

Intussen het die seun sy ma geWhats­App. Sy het die buurtwag gekontak. Beide die buurtwag en die stadspolisie was binne vyf minute ná die boodskap op die toneel, sê Van Zyl.

Die inbrekers het reeds spore gemaak.

Die mans was nie vermom nie. Een het goed Afrikaans gepraat, terwyl die ander een Engels magtig was. Die derde man was nie vlot in een van die tale nie. Volgens Van Zyl was een van die mans heeltyd besig op die twee goedkoop selfone in sy besit.

Hy vermoed hulle het met sowat N$45 000 se gereedskap en ware, hoofsaaklik elektronies, weggekom.

Sover hy weet, is niemand nog in verband met die voorval aangekeer nie, sê Van Zyl.

[email protected]

Soortgelyk

 

Destined to inspire

8 ure gelede | Mense

Ester KamatiSem Mandela Uutoni’s desire for community development manifests itself in his work and is what drove him to pursue a bachelor’s degree in regional...

Make education your New Year’s resolution in 2020

8 ure gelede | Mense

Albin JacobsWith the holiday season drawing to a close it is time to focus on the new year, 2020. Almost everyone makes some kind of...

Dankbare dorre aarde

8 ure gelede | In beeld

“Die Karasberge in die Karasburg-distrik het onlangs vir die eerste keer in vier jaar reën gekry,” sê NP Esterhuyse, wat dié pragfoto geneem het.

Groot kanonne hoor kiessaak

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Alle oë is vandag op Namibië se hoogste hof, die hooggeregshof, waar die land se heel eerste onafhanklike presidensiële kandidaat dié hof...

Katrina hoor gou oor appèl

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, sal eersdaags hoor of haar aansoek om verlof tot appèl geslaag...

Fearless manager - Game of Phones

8 ure gelede | Mense

Michelline NawatisesLeandro van Wyk, call centre manager at MultiChoice Namibia, started his career in the banking industry in 2001 as a back-office ledgers clerk, after...

Connecting clients to the correct networks

8 ure gelede | Mense

Ester Kamati With internet connection, there is no stopping Macveren Kapukare, a telecommunication engineering graduate who is passionate about making a difference in the world...

Oudonderwyser sit steeds

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Die 69-jarige man, wat sedert verlede naweek op Rehoboth in polisieaanhouding is weens beweerde verkragting, se formele aansoek om borgtog het nie...

Aandag alle bruidspare!

8 ure gelede | Gebeure

Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie skop weer vandag af. Paartjies wat tussen 1 Maart 2019 en 29 Februarie 2020 getroud is, kan vir vanjaar...