Outjo se nuwe burgemeester ingehuldig
Mnr. Samuel !Oe-Amseb is Donderdag amptelik as Outjo se nuwe burgemeester ingehuldig.
Dit is gedoen tydens 'n spesiale raadsvergadering by die munisipaliteitskantoor wat deur gemeenskapslede bygewoon is.
Die pos het in Desember verlede jaar vakant geword toe president Hage Geingob vir mnr. Marius Sheya, die voormalige burgemeester, ná die dood van me. Angelika Muharukua in Oktober as Kunene se streeksgoewerneur aangestel het.
!Oe-Amseb het in Desember 2015 by die plaaslike owerheidsraad aangesluit en het die Outjo-munisipaliteit as voorsitter van die bestuurskomitee gedien.
Hy is deur raadslid Sieglinde //Amamus genomineer en adjunkburgemeester Heroldt Khairabeb het dit gesekondeer.
Mnr. Pieter Mostert is as die voorsitter van die bestuurskomitee aangestel. Mostert is deur raadslid Louise Kaizemi genomineer, met me. Karolina Ndjimba wat dit gesekondeer het.
Tydens die spesiale raadsvergadering is mnr. Mwahafa Friedrich Shinime as gewone raadslid ingehuldig. Die raadslede van die plaaslike owerheid sluit in vier Swapo-lede, twee van die United Democratic Front en een van die Popular Democratic Front.
Landdros Peingondjabi Shipo het die politieke leierskap van die munisipaliteit ingehuldig. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie