Outjo-kinderopasser kry borgtog
Elvira Hattingh - Die Outjo-kinderopasser wat van poging tot moord aangekla is nadat daar op video vasgevang is hoe sy na bewering vir baba Laila Theron mishandel het, is op borgtog van N$ 3 000 vrygelaat.
Sy mag egter nie die streek verlaat nie en moet elke Maandag en Vrydag by die dorp se polisiestasie aanmeld. Haar volgende hofverskyning is op 29 Mei 2018.
Intussen sê Laila se ma, Annemarie, dit gaan goed met hul baba. Laila is nou 11 maande oud. Sy sê behalwe vir enkele uitdagings, geniet Laila die skooltjie, waar sy nou opgepas word. Sy sê Laila ontwikkel goed en dat hulle as ouers haar soveel liefde as moontlik probeer gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie