Outjo bou vir erfenis

Vrywilligers, skenkers en die steun van die gemeenskap skep iets uit niks, vir die toekoms.
Augetto Graig
Die mense van Outjo bou ’n erfenis vir hul toekomstige geslag, met baksteen en sweet en hul eie tyd en inisiatief. Die droom van Outjo se Legacy Centre word dag ná dag, steen ná steen en met persoonlike moeite nader aan die werklikheid gedwing.

Die Legacy Centre sal bestaan uit ’n kliniek, ’n polisie-subkantoor, ’n mobiele munisipale kantoor, ’n biblioteek en ’n studiesaal vir die inwoners van verskillende informele nedersettings by Outjo, volgens mnr. Audrey “Bokkas” Mazenge, woordvoerder by die Outjo-munisipaliteit.

Die sentrum word by die “Sestag” informele nedersetting in Outjo gebou.

Volgens hom sal inwoners baat uit die Legacy Centre wat dienste nader aan hulle sal bring. Die bouwerk aan die sentrum het in die eerste week van Junie afgeskop en sowat twintig vrywilligers is daarby betrokke. “Niemand is in diens geneem vir die projek nie, aangesien almal op die bouspan vrywilligers is,” sê Mazenge. “Enige iemand van die gemeenskap is welkom om te help as hulle daarvoor tyd het,” voeg hy by.

Mnr. George Gaeseb is die voorman op die bouperseel. Hy sê: “Ons is gretig om te kom help. Ons het weens die Covid-19 nie nou werk nie en wou nie ledig lê nie.”

Sy maatskappy Kunene Landberg Investments is deur die uitbreking van die pandemie lamgelê. “Hierdie projek is vir dié van ons wat kan gee, en vir die kinders, tot ons eie mense se voordeel,” sê hy.

Die presiese koste van die sentrum is nie bekend nie, aangesien individue en ondernemings boumateriaal vir die projek geskenk het. Die plaaslike elektrisiteitsverskaffer Cenored het reeds die kragkoppeling in die sentrum geïnstalleer, terwyl Telecom Namibia internetverbindingslyne opstel.

Outjo het ses informele nedersettings: 7de Laan, Soweto, Sestag, Hangano, Kamp 5, asook Kap en Bou. Meer as 3 000 inwoners woon in die informele nedersettings.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!