Oumie se pienkvoetjie
Oumie se pienkvoetjie

Oumie se pienkvoetjie

[email protected]
Sanet de Waal
Mandy Rittmann

Kyk, dit was die beste ding wat ooit op my pad kon kom. Soos ons as mammas mos weet, is dit wonderlik om vir die eerste keer ma te word. Maar ek dink die oumie-gedagte is die lekkerste gevoel; jy mag dalk van my verskil.

Ek en manlief is geseënd met drie wonderlike seuns. Regtig die bestes van die bestes, maar ai, ek wou só graag ’n rokdraertjie en ’n skottelgoedwassertjie gehad het, maar die Meester het ander gedagtes gehad.

Ek onthou die dag met my derde swangerskap, is ek en manlief vreeslik opgewonde dokter toe om te hoor wat die geslag van nommer drie is.

Met groot verwagting dat dit dalk dié keer ’n Evatjie kan wees. Ek sê jou, angstig is nie die woord nie. Die dokter skuif die apparaat rond, en ek en manlief rek ons oë en daar kom die boodskap: “Dis ’n seun.”

Om eerlik te wees, was ek sielsongelukkig. Ek wou nie nog ’n seunskind in die huis gehad het nie.

Ek was in trane toe ons by die huis aankom. Ek moes later by die Here om vergifnis smeek. Ek is net dankbaar dat ek die nuus aanvaar en verwerk het. Mammie se laastetjie.

Ek het altyd aan my familie en vriende gesê ek wag maar nou geduldig vir my kleindogters.

Met ’n dankbare hart is ons oudste getroud; die Rittmanns was ’n skoondogter ryker.

Ná 2 jaar se gewag, kom die goeie nuus: “Mammie en pappie, julle gaan oupa en ouma word.”

Wow, wat gaan dit wees, was my eerste vraag aan myself. Ai, ek bid: “Here U ken my hard, seën my asseblief met ’n kleindogter.”

’n Paar maande voor die geboorte, hou hulle ’n “gender reveal party”.

Die koek word gesny; raai wat? Pienk lekkertjies maak hul verskyning. Kyk die vreugde was onbeskryflik groot, veral vir oumie wat net seunskinders grootgemaak het.

Oumie se pienkvoetjie is op 25 Julie 2018 gebore.

Die winkels moes net keer want oumie kon nie die versoeking weerstaan om verby pienk babakleertjies te stap nie.

So koop oumie maand vir maand een rokkie na ’n ander. Die slegste van alles, is Oupapie wat ook nooit nee sê en net help koop.

Oumas en oupas, is nie net daar vir bederf nie. Ons moet elke dag vir ons kinders en kleinkinders ook bid.

Vandag se lewe is anders as toe ons kinders was en ons kinders grootgemaak het. Dis ’n duur en bose lewe waarin ons kleinkinders grootword.

Mammie en daddy, vergewe maar die bederf van oumie, me-ma, oupapie en oupa. Dis nogal ’n ding met een mammie, een daddy, twee oumies en twee oupies, maar ag, wat ’n voorreg! Elke oomblik saam met haar is altyd die beste. Oumie se blom.

Kleinkinders is ’n seën uit die Here se hand.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!