Ouma vier 112 Kersfeeste
Tanja Bause - Op 24 Desember 112 jaar gelede is Ouma Martha Kansie op 'n plaas in die Sam Khubis-berge gebore.
Jare later het sy haar man, mnr. Willem Kaniseb, op Rehoboth ontmoet en vyf kinders is uit dié huwelik gebore.
Willem is op 'n jong ouderdom oorlede en Ouma Martha moes haar kinders alleen grootmaak, terwyl sy 'n inkomste as huishulp verdien het.
Drie van haar vyf kinders, 'n seun en twee dogters, is reeds oorlede.
Haar oudste dogter, me. Sara Kanises, is 73 jaar oud en het vyf kinders. Haar ander dogter is 62 en het vier kinders. Ouma Martha se afgestorwe kinders het ook kleinkinders agtergelaat, wat beteken sy het altesaam 16 kleinkinders, 36 agterkleinkinders en nege agter-agterkleinkinders.
Ouma Martha se sig is verswak en sy is nie meer so fiks soos wat sy was nie, maar met haar geloof in genade skort niks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie