Ouma vergoed ná twee se dood
Henriette Lamprecht
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) moet N$650 000 aan 'n ma uitbetaal wie se dogter en kleindogter in 2015 weens nalatigheid van mediese personeel dood is.
Regter Collins Parker het gister in die hoërhof ook beslis die ministerie moet vir die regskoste van me. Milka Lopez opdok.
Die suksesvolle eis volg nadat Lopez se dogter me. Sophia Paula Nghinamwaami se babadogtertjie op 12 Februarie 2015 in die Walvisbaaise staatshospitaal doodgebore is.
Sophia het vier dae later ná ernstige bloedverlies en hartversaking in die intensiewesorgeenheid van die Katutura-staatshospitaal gesterf. Lopez het in haar verklaring haar dogter se kraamproses as “baie traumaties” beskryf omdat haar dogter klein gebou en haar gewig altyd ondergemiddeld vergeleke met ander meisies van haar ouderdom was.
Dr. Obey Nhiwatiwa het Lopez se kleindogter ondersoek en bevestig sy is dood, maar het nooit haar dogter ondersoek om te sien in watter toestand sy ná die traumatiese geboorte was nie. Lopez se kleindogter is 16:15 dood verklaar en haar dogter het volgens haar vir ure sonder enige mediese hulp gelê, dit terwyl sy erg gebloei het. Lopez het in haar verklaring gesê haar dogter se bed was deurdrenk met bloed.
Teen 21:00 het Sophia se toestand so verswak dat sy skaars kon praat, terwyl haar bloeddruk ook geweldig geval het. 'n Verpleegster het pleks van 'n dokter roep Sophia slegs op 'n drup gesit en met haar saalrondes voortgegaan. Volgens Lopez het 'n dokter Sophia eers 21:45 ondersoek en besluit sy moet teater toe geneem word. Sy het 'n bloedoortapping ontvang kort nadat sy uit die teater gekom het, maar het nooit haar bewussyn herwin nie. Sy is na die Katutura-staatshospitaal oorgeplaas waar sy op 16 Februarie in die intensiewesorgeenheid dood is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie