Ouetehuis eindelik geregistreer

15 August 2019 | Plaaslik
Die Katutura-ouetehuis is gister uiteindelik wettiglik geregistreer.

Die huis is dus nou volgens die Wet op Bejaardes 81 van 1967 'n volwaardige regsentiteit.

Tydens die amptelike oorhandiging van die registrasiesertifikaat het die burgemeester van Windhoek, mnr. Muesee Kazapua, sy dank teenoor die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste uitgespreek vir hul vertroue in Windhoek se ­munisipaliteit (CoW) om die ouete­huis se belange op die hart te dra.

“Ek wil die ouetehuis se bestuursraad ook daarmee gelukwens dat die tehuis nou amptelik geregistreer is. Een van die raad se hoofmandate was om die tehuis te registreer,” het hy gesê.

Volgens Kazapua behoort die tehuis aan CoW en sal dit altyd die stadsraad se eiendom bly.

“In die vroeë sestigerjare was die huis die tuiste van onderwysers wat behuising in Katutura benodig het. In die tagtigs is die huis aan 'n welsyn­organisasie vir ­vrywillige ­familiesorg met die finansiële onder­steuning van die ­Nederduitse ­Gereformeerde Kerk geskenk met die doel om na bejaardes in die gemeenskap om te sien – vandaar die Katutura-ouetehuis,” het hy gesê.

Die burgemeester sê die verantwoordelikheid om na bejaardes om te sien, is 'n gedeelde verantwoordelikheid tussen verskeie organi­sasies, instansies, kerke, individue, gemeenskapsorganisasies en ondernemings.

Met die vestiging van die afdeling vir gemeenskapsontwikkeling in 2005, wat nou as die afdeling vir maatskaplike en jeugontwikkeling bekend staan, het die ouetehuis weer die CoW se verantwoordelikheid geword.

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

2 dae gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...