Ouers op oorlogspad
Ouers op oorlogspad

Ouers op oorlogspad

Sommige ouers in die noorde van die land sê hulle sal nie kan bekostig om hul kinders na skole ver van hul huise te vervoer nie.
Ileni Nandjato
Ileni Nandjato



Sommige ouers het hul misnoeë te kenne gegee oor die hersiende hoërskoolleerplan wat te weeg bring dat leerlinge ver van die huis geplaas word sodat hulle graad 10 kan voltooi.

Dít kom nadat graad 10 kragtens die nuwe leerplan nie voortaan meer by gemeenskapskole onderrig word nie.

Die ouers is van mening dié wending maak dit vir hulle baie moeilik.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het verlede jaar die ­eksterne graad 10-eksamens afgeskaf. Van vanjaar af lê graad 9-leerlinge 'n semi-eksterne eksamen af.

Graad 10 vorm voortaan deel van die senior sekondêre fase.

Ingevolge die nuwe regime word hoër­skoolonderrig in drie fases verdeel – junior sekondêr (graad 8 en 9), senior sekondêr (graad 10 en 11) en die gevorderde fase, wat uit graad 12 bestaan.

Dít bring mee dat meer as 100 junior sekondêre skole in Namibië in senior sekondêre skole omskep sal word.

Sommige gekombineerde skole, wat tot dusver leerlinge tot graad 10 gehuisves het, sal voortaan net tot graad 9 voorsiening maak, terwyl sommige skole nie meer graad 8 en 9 gaan ­onderrig nie.

Mnr. Eino Shonena se dogter het verlede jaar graad 9 aan die ­Gekombineerde Skool Oikango in die Oshanastreek voltooi en is sedertdien by die Junior Sekondêre Skool Ongwediva toegelaat.

Volgens Shonena beskik die nuwe skool nie oor 'n koshuis nie en is ­ongeveer 15 km van hul huis geleë.

“Ek verstaan glad nie hierdie ­situasie nie. My kind kon in die verlede skool toe stap, en nou weet ek nie hoe sy by die skool sal uitkom nie. Die afstand van die huis na die hoofpad is klaar lank. Boonop gaan dit ook vir my 'n uitdaging wees om daagliks taxigeld te hê,” het hy gesê.

“My kind is baie klein en ek ken niemand wat naby die skool woon nie. Dit (die situasie) het my bloeddruk laat styg.”



'die stelsel frustreer ons'

Mnr. Gideon Sheepo sê sy kind het by die Senior Sekondêre Skool Gabriel Taapopi aansoek gedoen, maar is egter net by die Junior Sekondêre Skool Kapolo aanvaar.

“Ek weet nie eens waar daardie skool is nie. Hoe sal ek my kind daar kry? Ek dink nie die regering weet wat hy doen nie. Die stelsel frustreer ons.”

Me. Hileni Amukana, die direkteur van onderwys in die Oshanastreek, het by navraag gesê nie alle landelike skole met graad 10 is aangepas tot senior sekondêre vlak nie.

“Wat ons gedoen het, is om skole in die omgewing saam te groepeer sodat die afstande wat leerlinge aflê, verminder kon word. Ons het vroegtydig die leerlinge en ouers oor die reëling ingelig sodat hulle 'n skool naby hulle huis kon kies wanneer hulle aansoek doen.

“Ongelukkig het baie leerlinge net by skole met koshuise aansoek gedoen. As 'n streek moes ons self daardie leerlinge plaas en dit is wat tot die situasie aanleiding gegee het.”

Amukana het ongelukkige kinders en ouers aangeraai om met skoolhoofde te skakel om vas te stel of daar nog plek beskikbaar is by die skole van hul keuse.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16%