Oudste hotel in die land

13 March 2018 | Toerisme
Tanja Bause – “Die erf is baie groot agter sodat die ossewaens daar kon omdraai toe die mense klaar by die kroeg gekuier het of in die hotel oornag het.”

So vertel mnr. Johann Viljoen, bestuurder van die Bethanie Hotel & Guesthouse. “Van ons kamers was op ’n tydstip die perdestalle.”

Die hotel, wat voor 1880 gebou is, is Namibië se eerste hotel en ook die land se oudste.

Volgens Viljoen was die huidige konferensiesaal destyds die dameskroeg, en in die sitkamer het die mense biljart gespeel.

“In ons huidige ontvangsvertrek het die mense daardie jare lekker gedans,” sê hy.

Van die oorspronklike gebou is daar nog iets te sien, en ná uitbreidings en herstelwerk spog die hotel nou met 15 moderne kamers, ’n swembad en varsgemaakte huiskos wat uit die hoteltuin aangevul word.

Daar is ook ’n toeriste-inligtingsentrum by die gastehuis en mense is welkom om met Viljoen self oor hulle toer te kom gesels.

“Ek is in die Suide gebore en het hier grootgeword. Ek is baie lief vir die land en dit is vir my wonderlik om my land, die geskiedenis, die natuur, mense en lekker kos met ander mense van oral oor die wêreld te deel,” het hy gesê.

Die hotel, wat in die middel tussen Sossusvlei en die Visrivier-spoelvallei is, het ook vier kampeerplekke wat van water en elektrisiteit voorsien is.

Soortgelyk

 

Elfjarige byna ontvoer

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

1 dag gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

1 dag gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

1 dag gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...

Die Kontrak is hier!

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv, kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon...