Oudregter faal met vergoedingseis

Een van die langste gedinge in Namibiese regsgeskiedenis

03 May 2021 | Howe
Marc Springer

Byna elf jaar nadat hy vrygespreek is op aanklag van ontvoering en verkragting van twee minderjarige meisies, het die voormalige hooggeregshofregter Pio Teek finaal misluk in sy poging om vergoeding te eis vir beweerde kwaadwillige vervolging en laster.

Die beslissende nederlaag is die gevolg van 'n uitspraak wat Vrydag in die hooggeregshof gelewer is waarin regters Jeremiah Shongwe, Ernest Sakala en Moses Chinhengo 'n appèl van die hand gewys het wat Teek teen 'n vorige uitspraak van regter Herman Oosthuizen in Maart 2018 gemaak het.

In die uitspraak het Oosthuizen gesê Teek het geen grondslag vir 'n regsgeding waarin hy N$6,87 miljoen skadevergoeding van die minister van justisie en die ombudsman eis nie. Hulle het na bewering hom nie bygestaan om drie buitelandse regters te dagvaar wat 'n paar jaar vantevore sy kwytskelding van kindermolestering ter syde gestel het nie.

Die geskil het 'n geskiedenis sedert Januarie 2005 toe Teek die eerste keer aangekla is van ontvoering en seksuele aanranding van twee minderjarige meisies.

Hierdie aanklagte, waarop Teek uiteindelik in Desember 2010 kwytgeskeld is, spruit uit bewerings dat hy die aand van 28 Januarie 2005 die minderjariges Q. en T. (toe onderskeidelik 9 en 10 jaar oud) uit Katutura ontvoer en na sy huis in Brakwater geneem het. Hy het hulle glo gedwing om alkohol te drink en hulle seksueel gemolesteer.

Sy aanvanklike skadevergoedingseis het voortgespruit uit twee uitsprake wat onderskeidelik op 21 Julie 2008 en 28 April 2009 in die hooggeregshof gelewer is.

In die eerste uitspraak het regters Piet Streicher, Kenneth Muthiyane en Fritz Brand 'n appèl van die staat teen 'n vorige kwytskelding van Teek toegestaan.

In die tweede uitspraak het dieselfde regters die kwytskelding heeltemal tersyde gestel en die saak terug na die hooggeregshof verwys, waar Teek uiteindelik op 16 Desember 2010 weer onskuldig bevind is.

Teek het beswaar aangeteken en aangevoer dat hulle nie die feite in sy guns oorweeg het nie en die indruk geskep het dat hy skuldig is.

Hy het vir skadevergoeding gedagvaar en die griffier van die hoërhof versoek om sy dagvaarding op die drie regters in Suid-Afrika te beteken.

Toe dit nie gebeur nie en regter Nicholas Ndau sy eis om skadevergoeding van die hand gewys het, het Teek die minister van justisie en ombudsman gedagvaar. Hy het aangevoer hulle het nie genoeg gedoen om hom te help om die dagvaarding aan die drie regters te beteken nie. Hy het hulle aanspreeklik gehou vir die skadevergoeding wat hy oorspronklik van die vorige beskuldigdes geëis het.

Oosthuizen het die eis van die hand gewys aangesien die plaaslike hooggeregshof nie jurisdiksie oor die drie buitelandse regters het nie, hulle nie in Namibië was toe Teek hulle gedagvaar het nie en hy nie kon bewys dat hulle in Namibië woonagtig is, Namibiese burgerskap óf eiendom in die land besit nie.

In hul uitspraak wat Vrydag gelewer is, stem die regters saam met Oosthuizen dat die hooggeregshof nie jurisdiksie oor buitelandse regters het nie. Derhalwe was dit nie nodig om oor die meriete van die saak te besluit nie, slegs oor jurisdiksie.

Dié uitspraak beëindig Teeks se soektog na vergoeding en een van die langste gedinge in die Namibiese regsgeskiedenis. – [email protected]

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

10 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

10 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

10 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

10 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

10 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

10 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

10 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...