Oudpolisieman ter ruste gelê
Die nasionale polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, sê die dood van afgetrede adjunkkommissaris Angula Hillarius Amulungu op 29 Desember is met verslaentheid begroet.
Amulungu het in die Gobabis-staatshospitaal aan natuurlike oorsake gesterf.
Hy het aan die einde van September 2018 afgetree.
'n Roudiens is Donderdag by die Rooms-Katolieke Kerk in Windhoek gehou, asook Vrydag by die woning van me. Katalina Naikale Aipumbu op Ombafi in die Omusatistreek se Anamulenge-kiesafdeling.
Amulungu is Saterdag op Ombafi begrawe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie